Loading...

Blog - "weiding en voeding"

Posted by Dawid Krause on 1 Mar 2015
VOORWOORD ’n Boer met planne én hy maak werk daarvan. Dit is Bossie Coetzer, wat binnekort ’n klein abattoir op sy plaas in gebruik neem om nie heeltemal uitgelewer te wees aan prysskommelinge in die formele mark nie. Daarby begin hy nou ook met strookbeweiding waar koeie en hul kalwers tot op drie maande gaan saam wei. Die afhok van kalwers tot op drie maande ouderdom op kraal het oor die groot dae in Desember sy oë oopgemaak en hom laat besluit om ’n ander stelsel vir roofdierbeskerming in werking te stel. Hy gaan ook nie weer die fout maak om sy teelseisoen te ver-vroeg nie. Dié duur les… Read More
Posted by Lourens Swart on 1 Feb 2015
VOORWOORD ’n Slim plan wat uit droogtenood gebore is en vandag vir ’n bykomende inkomste sorg, is een van die bestanddele van suksesvolle boerdery op die Feedmaster-span se jongste roete – hierdie keer na die Von Dewitze op die plaas Spes Bona in die Hochfeld-omgewing. Meer verrassings het gewag: die Von Dewitz-familiestamboom wat sedert 1212 bygehou word – ’n raps meer as 800 jaar – en die klim teen twee steil, regop stelle houttrappe deur twee nou luike om van bo uit die toring ’n oog oor boerdery-aktiwiteite rondom die opstal te gooi. Ook oor die geploegde 16 ha wat begin Februarie nog… Read More