Loading...

Blog - "diversifikasie"

Posted by Christo du Plessis on 1 May 2015
VOORWOORD Brahman-teler Ernst Groenewaldt draai nie doekies om nie, sal dié sê wat hom ken. Hy is trots Baster en beskou met reg sy volk se ryk kultuurerfenis as een van sy kosbaarste nalatenskappe. Tog onthou hy nog sy loopbaandae in die polisie en later die nasionale verkeersafdeling toe apartheid ook in koffiebekers geskuil het. Kom dit by die toekoms van boerdery in die land, het hy ’n boodskap vir die nuwe leiers van die dag. “Ons sukses hang af van die regering se benadering en houding. Ek persoonlik glo ons regering is nie landboukundig nie, maar skep wel ’n omgewing waarin ons goed… Read More
Posted by Lourens Swart on 1 Feb 2015
VOORWOORD ’n Slim plan wat uit droogtenood gebore is en vandag vir ’n bykomende inkomste sorg, is een van die bestanddele van suksesvolle boerdery op die Feedmaster-span se jongste roete – hierdie keer na die Von Dewitze op die plaas Spes Bona in die Hochfeld-omgewing. Meer verrassings het gewag: die Von Dewitz-familiestamboom wat sedert 1212 bygehou word – ’n raps meer as 800 jaar – en die klim teen twee steil, regop stelle houttrappe deur twee nou luike om van bo uit die toring ’n oog oor boerdery-aktiwiteite rondom die opstal te gooi. Ook oor die geploegde 16 ha wat begin Februarie nog… Read More