Loading...

Blog - "Christo du Plessis"

Posted by Christo du Plessis on 1 Jul 2015
VOORWOORD- Wat ’n belewenis om op een dag ’n vol benutte vleiswaardeketting te beleef! Die Beefcor-gesinsaak van die Du Rands van Okahandja het dit vir die Feedmaster-Suksesverhaal moontlik gemaak om die skakels in die ketting gade te slaan.- Eers is aangedoen op die plaas Okatjetswambo van Coen en Lida Prinsloo in die Hochfeld-omgewing waar ’n voerkraal met ’n staankapasiteit vir 800 beeste bedryf word en veldafronding vir die nuwe abattoir op Okahandja eersdaags ook gaan volg.- Coen bestuur die plaas en voerkraal. Sy kennis as eertydse voorligtingsbeampte en akkerbouer kom handig te pas… Read More
Posted by Christo du Plessis on 1 Jun 2015
VOORWOORD ’n Dag is ver te min om die baie aktiwiteite van die Otjiwa-wildoord digby Otjiwarongo gade te slaan en in een artikel vas te vang. Hier gebeur eenvoudig te veel. Dit kan jy duidelik sien in die haastige gang van uitskieter-wildboer WP Barnard en sy vrou, Julandi. Wildteling, trofeejag, die deurlopende verfyning van infrastruktuur, ontbossing, die sny van gras en die bestuur van ’n groot gastebedryf hou die egpaar en hul personeelkorps van 63 op hul tone. Maar so tussendeur die baie ry en kyk om ’n effense idee van die spog-infrastruktuur en die baie aktiwiteite te kry, is ook… Read More
Posted by Christo du Plessis on 1 May 2015
VOORWOORD Brahman-teler Ernst Groenewaldt draai nie doekies om nie, sal dié sê wat hom ken. Hy is trots Baster en beskou met reg sy volk se ryk kultuurerfenis as een van sy kosbaarste nalatenskappe. Tog onthou hy nog sy loopbaandae in die polisie en later die nasionale verkeersafdeling toe apartheid ook in koffiebekers geskuil het. Kom dit by die toekoms van boerdery in die land, het hy ’n boodskap vir die nuwe leiers van die dag. “Ons sukses hang af van die regering se benadering en houding. Ek persoonlik glo ons regering is nie landboukundig nie, maar skep wel ’n omgewing waarin ons goed… Read More