Loading...

Verseker optimale rumen ontwikkeling van herkouers deur die gebruik van Rumen Optimizer

Rumen
Posted by on 9 May 2023 and filed under

Herkouers is anatomies aangepas om veselagtige voedingstowwe te verteer om aan hul nutriënte behoeftes te voorsien. Verteringsensieme alleen kan nie sellulose verteer nie. Hierdie polysaccharide is volop in veselagtige voere. Die gebruik van ruvoere behels komplekse interaksies tussen die verteringstelsel van die herkouer, die mikro-organismes wat in simbiose saam met die herkouer leef, en die plante wat die herkouer inneem.

Rumen ontwikkeling

Met geboorte is die rumen steriel (Dag 0). Dus is die kalf/lam ʼn enkelmaag dier aan die begin van sy lewe totdat die rumen begin ontwikkel. Op dag 1 bevat die dier baie aërobiese bakterieë wat afkomstig is van die ma wat die kleintjie lek en ook van die kolostrum wat die kalf ʼn uur na geboorte moet inneem. In hierdie pre-ruminante fase is goed verteerbare vloeistowwe (melk) genoegsaam om aan die kalf se voedingsbehoefte te voorsien. Maar ter selfde tyd is droë voer nodig om die rumen en retikulo-rumen te ontwikkel en om die mikrobiese populasie te stig. Ongeveer twee weke na die kalf/lam droë voer begin opneem, bevat die rumen dieselfde bakterieë populasie as die ma.

Die hoeveelheid voer wat ingeneem word deur ʼn herkouer is baie belangrik, want dit bepaal die hoeveelheid beskikbare nutriënte wat benodig word om diere gesondheid en produksie te onderhou. By die pasgebore dier maak die rumen 20% van die maag uit. Om te kan gras verteer moet die rumen groei tot 80%. Verder moet die rumenpapilla, die rumen epiteel ontwikkel en die rumenspier groei. Die inname van ruvoer stimuleer die vergroting van die rumen en verhoog dus die voerinname potensiaal. Die inname van grane en hulle fermentasie gaan aan die ander kant die ontwikkeling van die rumenpapilla stimuleer. Dus moet die vroeë inname van graan aangemoedig word omdat die ontwikkeling van die rumen versnel en die kalf/lam kan ook vroeër gespeen word.

Dit is egter belangrik dat die tipe voer (Rumen Optimizer & Kruipveekorrels) wat vir die jong dier aangebied word van goeie kwaliteit is. Hoogs verteerbare grane laat vlugtige vetsure vry. Hierdie en veral bottersuur het ʼn sterk stimulerende effek op die groei van die rumen en die rumenpapilla ontwikkeling. Met die ontwikkeling van die rumenpapilla verhoog die oppervlak waarop vlugtige vetsure in die bloedsomloop opgeneem kan word. Die smaaklikheid asook die verteerbaarheid van hierdie kruipvoer, speel ʼn groot rol omdat die jong herkouer eers moet leer om droë voer te vreet. Hawer, lusern, mieliemeel en molassestroop is baie smaaklik vir jong kalfies en lammers. Pille word meer gewillig gevreet en minder vermorsing vind plaas.

Image
Rumenpapilla

Navorsing het getoon dat hooi nie so geskik is soos grane om die rumen te ontwikkel nie, omdat die mikro-organisme populasie eers nog moet ontwikkel voordat dit die ruvesel kan verteer. Daar is baie meer “nie-vesel-koolhidrate” in grane wat baie maklik kan verteer. Sommige inligtingsbronne raai dus aan om eers na speen hooi beskikbaar te maak vir die jong herkouer.

ʼn Kalf wat tot op 12 weke net melk en hooi kry se rumen gaan ʼn gladde oppervlakte hê en geen rumenpapilla wys nie, terwyl ʼn kalf wat tot 12 weke ʼn optimale rantsoen uit melk en kragvoer gekry het, sal ʼn baie beter ontwikkelde rumen toon ten opsigte van rumenpapilla ontwikkeling en rumen grootte. Hoe beter die herkouer se rumen ontwikkel is, hoe beter is die voeromset en ook die vertering en opname van nutriënte, en so ook die dier se groei. Dus verbeter kruipvoeding die rumenpapilla ontwikkeling en groei van die jong herkouer.

Image
12 Weke Optimale Rantsoen Melk + Kragvoer
Image
12 Weke Optimale Rantsoen Melk + Hooi

Feedmaster se Rumen Optimizer is uit die nuutse kruipvoer proewe ontwikkel. Hierdie produk is hoog in verbyvloeiproteïene met ‘n hoer energie komponent, wat dit ‘n baie geskikte kruipvoer maak, want groeiende kalwers het ‘n hoer energie behoefte. Die genoegsame stysel in die produk help om die rumenpapilla vinniger op ‘n vroeë ouderdom te ontwikkel. Dus is die absorpsie oppervlakte in die rumen van die dier groter en nutriënte kan beter opgeneem word. Die diere kan beter groei en kan vinniger gespeen word. Verder, indien kalwers met Rumen Optimizer gevoer word, verlig dit ook die druk op die koeie wat tot beter herkonsepsie lei. Die produk is egter ook baie smaaklik deur die gebruik van molassestroop en ‘n smaakmiddel. Verder word van ‘n buffer en van ‘n lewendige gis gebruik gemaak om die jong diere se verteringsstelsel gesond te hou en om die vertering van vesel te verbeter.

Feedmaster se Rumen Optimizer kan ook gebruik word vir die laaste fase van verldafronding op Rangeland Grower. Rumen Optimizer word daagliks teen 1% liggaamsmassa gevoer na aanpassing saam met genoegsame ruvoer.

Rumen Optimizer is geformuleer om jong diere se genetiese potensiaal te bereik.

Bronnelys:
Holstein Foundation, 2003. Investing today for the next Dairy Generation. Pennstate, College of Agricultural Sciences.

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article