Loading...

Skaap wat mekaar se wol vreet

wol
Posted by on 10 August 2021 and filed under

Die vreet van hare en wol is meestal die gevolg  van 'n ernstige proteien- en/of sinktekort.

Die mees waarskynlike oorsaak van hare en wol vreet gedurende die winter is ‘n proteïentekort, want die diere is opsoek na proteïen terwyl hare en wol suiwer proteïen is. Dikwels word haarballe in die grootpens van hierdie skape aangetref. In ‘n mindere mate gebeur dit ook as daar ‘n sinktekort voorkom. Die aanbeveling is dat beide proteïen en spoorelemente aangevul word

Gedurende die wintermaande is die weiding droog en het dit ‘n tekort aan proteïen. Die mikro-organismes in die grootpens van skape, bokke en beeste is verantwoordelik vir die vertering van vesel. Soos die weiding volwasse en droeër word, daal die proteïeninhoud en styg die veselinhoud. Al minder proteïen kom dus vir die mikro-organismes beskikbaar wat tot gevolg het dat hulle begin afsterf. As gevolg hiervan neem die vertering van die vesel in die droë weiding af en kom daar al minder voedingstowwe vir die dier beskikbaar. Hierdie voedingstoftekorte is regstreeks vir swak besetting, lae lam- en kalfpersentasies asook swak groei verantwoordelik. Die afname in verteerbaarheid lei ook tot ‘n drastiese afname in weidingsinname omdat die ingenome droë weiding nou langer in die grootpens bly en stadiger uitvloei. Diere is dus minder geneig om te wei, al is daar volop droë weiding beskikbaar en meer geneig om by die waterbak te lê en water te drink. Die mis van sulke diere begin min, droog, hard en swart word en hulle begin kondisie verloor wat almal tipiese simptome van ‘n proteïentekort is.

In uiterste gevalle begin diere se hare regop staan, wol is kroes, rûe is krom wanneer hulle loop en hulle kan selfs droë galsiekte kry en vrek omdat hulle pense verstop omdat dit ophou funksioneer.

Die voorsiening van proteïenlekke is ‘n koste-doeltreffende manier om verlies aan kondisie van diere op droë weiding te beperk of selfs massatoename op volop goeie kwaliteit droë weiding te realiseer. Die voer van rumenstimulerende lekke soos Feedmaster se proteïen- en produksielekke voorsien die mikro-organismes in die grootpens van noodsaaklike voedingstowwe soos maklik beskikbare proteïen- en energiebronne asook aminosure, minerale en spoorelemente wat hulle groei en aktiwiteite in die grootpens maksimeer. Hierdie voedingstowwe stimuleer ook die eetlus van die diere wat hoër inname van die droë weiding tot gevolg het. Hierdie gunstiger rumenomgewing vir die mikroörganismes verseker verhoogde veselvertering wat ook hoër weidingsinname stimuleer asook maksimum vrystelling van energie en ander voedingstowwe uit die droë weiding vir die dier. Dit beperk massa- en kondisieverlies wat ook op sy beurt hoër produksie en reproduksie tot gevolg het.

Begin betyds met die aanvulling van een die volgende Feedmasterprodukte:

  • Eco-Grasveldlek
  • Bosverteerlek
  • Produksielek
  • Energielek

OF

  • Stoetveekorrels
  • Kruipveekorrels
  • Veekos Afrondkorrels

Vir diere wat elke aand in die kraal slaap.

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article