Loading...

N Oorsig Van Teelbeleid, Voeding En Bemarking Binne Die Boerdery

N Oorsig Van Teelbeleid, Voeding En Bemarking Binne Die Boerdery
Posted by on 28 February 2019 and filed under

Inleiding

In vandag se boerdery milieu het ons verskeie uitdagings soos droogte, prysverhogings, markpryse en roofdiere om maar ‘n paar te noem. In die beplanning van ‘n boerdery onderneming is die volgende komponente belangrik tot die welvaart van die boerdery: Die doel van die boerdery en daarmee saam die gedefineerde doelwitte vir die boerdery en persoonlike doelwitte, bemarking van jou diere, teelbeleid, voedings- en dieregesonheidsprogramme vorm ‘n geheel. In hierdie artikel fokus ons op teelbeleid, voeding en bemarking van diere.

Teelbeleid

Die beleid waarvolgens enige boer teel moet pas by sy omgewing en moet in lyn wees met sy doelwitte. Aangepasde diere is van kardinale belang as ‘n boer volhoubaar wil produseer. Die boer moet besluit of hy/sy ‘n speenkalf-of osproduksiestelsel wil toepas en dan moet hy/sy ʼn teelbeleid daarvolgens beplan. Daar is twee algemene teelstelsels nl. suiwerteling en kruisteling. By kruisteling kan daarvan drie stelsels toegepas word nl. Tweeras rotasiestelsel (heen-en weer stelsel), drieras rotasiestelsel en ʼn terminale stelsel. Meer oor die stelsels in ‘n volgende artikel. Hiermee ‘n paar sleutel prestasie-aanwysers soos gemiddelde kalfpersentasie, speengemiddelde en gemiddelde speengewigte. Die verskil in inkomste tussen ‘n 80% en 60% kalfpersentsie gaan ongeveer 33% wees. Die 33% is die hoeveelheid wat die boer meer gaan verdien as die boerdery ‘n 80% kalfpersentasie kan handhaaf teenoor die 60%. Die aaname is gemaak as jy kyk na 80 koeie in produksie, met ‘n terughou persentasie van 20%, en vervangingsverlieste van 5%. Ewe veel tollies en verse is gebruik en as die prys per kilogram dieselfde bly van tollies teen N$32 per kg en N$ 29 per kg.

Voeding

In vandag se tyd word daar baie klem gelê op voeding. ‘n Eenvoudeige benadering:--voorsien fosfaataanvulling in die groen tyd en ‘n proteïenaanvulling in die droë tyd. Hier word verwys na die terme groen en droë tyd, -al is somer kan jou weiding nogsteeds soos winterweiding lyk, want dit het nog nie gereën nie. Nog ‘n opsie: soos jou weiding verswak deur die seisoen is dit altyd belangrik om ‘n energieproduk bv. Enermol-of-Enerfeed-by jou proteïenlek in te meng, want die beeste het hierdie ekstra energie nodig om hulle kondisie te behou. Die aanbevole byvoedingsplan dra alles by tot ‘n gesonde kalfpersentasie, speengemiddeld en hoë speengewig. Die byvoeding sal voordelig wees tov tekortkominge wat deur die jaar in die veld voorkom, vertering sal ook baat vind hierby. Kruipvoeding is ook ‘n opsie om gewig by speenkalwers te verhoog en dit kan ook help om die koeie te spaar. Feedmaster het-Rumen Optimizer-ontwikkel spesifiek vir die rol van kruipvoeding.-Rumen Optimizer-kan van 3 maande af gegee word tot en met speen. Aan die begin moet elke kalf 1kg per dag inneem, die hoeveelheid moet dan aangepas word tot en met 1% van liggaamsgewig.

Voeding

Ou koeie kan winsgewend wees as die koeie tussen 8 en 10 jaar oud is, want die koeie het nog die vermoë om gewig aan te sit en die prys verskil tussen ‘n skraal en vet koeie is noemenswaardig. Nog een van die produkte wat goeie resultate lewer is-Rangeland Grower. Die aanpassingstydperk is 14 dae, veronderstel die koeie weeg gemiddeld 450kg. Die hoeveelheid-Rangeland Grower-wat gegee word moet geleidelik aangepas word van -0.3% van lewende massa tot 1% van lewende massa. Aanpassingstydperk en vreetspasie is ‘n baie belangrike aspek om in ag te neem. Aan die begin van die voerproses gaan die hoeveelheid 1.35kg wees (0.3%). Elke dag kan daar ‘n aanpassing gemaak word sodat, 0.07% gevoer word na 5 dae ,dit is ongeveer 3.15kg. Na die 14 dae kan die boer dit na 1% van liggaamsgewig toe opskuif, ‘n 450kg koei kry 4.5kg byvoeding. Die voer hoeveelheid word konstant aangepas soos die bees gewig aansit. Die diere moet altyd ruvoer tot hulle beskikking hê.

Bemarking van bees

Bemarking is een van die belangrikste aspekte van die boerdery, ongeag van die produksiesisteem,- hetsy speen-, os- of spekulasie boerdery.- Diere wat markgereed is, moet dan op die mees winsgewende opsie bemark word. Markgereed diere op jou plaas kan ook ‘n verlies vir die boerdery wees, soos ondere tande wissel wat die gradeering by slagpale negatief beïnvloed. Ander faktore wat ‘n boer moet in ag neem is dat enige diere wat jy aanhou op die plaas, jou weiding benut en die weiding kan eintlik gebruik word om die volgende groep markgereed te kry, of die weiding moet gespaar word vir droogte reserwes en rus period vir die veld.

Bemarking van bees

Opsomming

Die doelwitte wat gestel word help om die einddoel te bereik en doelwitte gaan verskil van omgewing tot omgewing. Die strategie wat gevolg word gaan ook verskil en moet aanpasbaar wees om by die marktendense te bly. Rekords van speengemiddelde, kalfpersentasie en speenpersentasie gaan help om die boerdery op koers te hou, om maar net ‘n paar te noem. Al die komponente wat in die artikel genoem word moet gemeet word. As jy nie meet nie sal jy nie weet nie. As jy ‘n stelsel is wat by die boerdery en die omgewing pas, hou by die stelsel, want elke skuif kos geld en tyd.

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article