Loading...

Die invloed van liggaamskondisie tydens die teelseisoen op besettings persentasie van beeste

Image
Posted by on 1 June 2023 and filed under

Met die winter-dekseisoen wat voorlê staar die produsent ‘n paar uitdagings in die gesig, en die koste knyptang raak al groter. Deur na die navorsing te kyk wat gedoen is in die verlede en die kennis wat beskikbaar is, kan ‘n hele paar aannames suksesvol gemaak word. Een van die aannames is beslis wanneer dit kom by ons beeste se kondisie, loop dit hand aan hand met dragtigheidspersentasies.

Table A:

Image

Tabel A, verduidelik die invloed van massaverlies op die oestrussiklus van veldbeeste. Sodra ‘n koei ‘n massaverlies van rondom 70 kg het staak haar oestrussiklus en hervat eers weer sodra die koei in ‘n stygende massa toename het van meer as 47 kg. In kondisie beteken dit dat indien ‘n koei ‘n kondisie telling van 2,77 gehad het en sy massa verloor na ‘n kondisie telling van 1.72 staak oestrus en sal eers weer op ‘n kondisie telling van 2,23 hervat word. Tabel C in die artikel illustreer voorbeeld van kondisie telling by veldbeeste.

Die scenario is as volg indien produsente ‘n winter dek seisoen het van bv. April Mei en Junie dan sal daardie kalwers heel moontlik in Julie Augustus of selfs September die volgende jaar gespeen word vir verkope. Met ander woorde die koei gaan ‘n kalf gedurende die droog periode moet grootmaak. Indien haar aanvanklike massa 470 kg gewees het met die geboorte van die kalf in Januarie sal dit nog in die groentydperk val en die dier sal nie noodwendig kondisie of gewig verloor nie , MAAR namate die kalf ouer, groter en die weiding raak droëer na gelang van tyd sal die kondisie van die koei afneem veral Junie Julie en Augustus wanneer die kalf tussen 4 en 6 maande oud is (Die volgende dek seisoen is nou klaar). Maar is hulle dragtig?

Soos uit bo-staande afgelei word sal die kondisie van die koei afgeneem het te minste met 2 kondisiepunte afhangend van waar haar kondisie telling was in die somer kan dit moontlik wees dat haar oestrus gestaak het a.g.v. die massaverlies in die droëer tydperk.

Baie eksterne faktore sal ook ‘n rol speel by kondisie van die dier bv. die hoeveelheid/ tipe gras wat beskikbaar is. Stres, water kwaliteit en kwantiteit voldoende skoon vars en koel moet ten alle tye beskikbaar wees vir die diere.

Table B:
Die invloed van liggaamskondisie tydens die teëlseisoen op besettings persentasie van beeste (Spitzer, 1995)

image

Volgens die tabel: Indien die koeie ‘n kondisie telling van 2 en minder gehad het tydens die dek-seisoen sal heel waarskynlik slegs 56% koeie dragtig wees na 2 maande dekking. Die teen deel is dat indien die produsent die liggaamsmassa van die dier kon onderhou van bv. Maart tot Julie deur ‘n onderhoudslek / Koeikalf tipe lek. En die die kalwers 3 maande en ouer was kon dit dalk die situasie van ‘n 56 % dragtigheidspersentasie verhoed het en kon die produsent dalk ‘n 80% dragtigheids/kalwing gehandhaaf het. Op 100 koeie beteken dit 24 kalwers meer in geldwaarde indien die produsent 22 ekstra sou kon verkoop. So N$165000/jaar of N$13750 per maand addisionele inkomste voor lekkoste. Wat sou die lekkostess wees vir bv. 100 koeie? Lekkoste per koei = N$867.66

Lekkoste Tabel om koste te bereken:

Lekprogram Maandelikse Koste Jaarlikse Koste
Futterfos en sout N$ 42.87 N$ 214.35
Beesmix 4.1.5 N$ 93.33 N$ 653.31
Totaal   N$ 867.66

Uit bostaande tabel afgelei sal lek koste vir 100 koeie N$86 766 beloop. N$16 5000 – N$ 8 6766 = N$78 234 verhoogde potensiële inkomste na lek aanvulling op 100 beeskudde.

image

Table C:
Kondisie telling

image

Wat interessant is by die kondisie van beeste is dat tussen ‘n kondisie telling van 1 en 2 basies 85 kg massa verskil is, dit as gevolg van die binne vet van die koei, sodra sy begin binnevet aanpak sal die uiterlike beeld van die koei ook verander, dus is dit amper onmoontlik om kondisietelling van ‘n koei 100% akkuraat te skat. Maar kan ‘n produsent dmv die illustrasies ‘n goeie idee kry van basiese kondisietellings.

Wanneer die groentydperk aanbreek is Fosfaataanvulling beslis een van die boer se belangrikste planne om die koeie op optimale kondisie te kry, vandaar af is dit goeie noukeurige bestuur van die koeie / kondisietelling om optimale dragtigheid elke jaar te verkry. Begin betyds fosfaat aanvul om maksimum groei gedurende die groen tydperk te bewerkstellig. Dit bly ekonomies om ‘n dier wat op kondisie is daar te hou as om in ‘n kort tydperk kondisie / massa te probeer aansit, want dit kos geld! Onderhoudslek is presies wat die naam onderskryf, met ander woorde die gewig of kondisie wat die dier uit die groen tydperk kom sal dieselfde kondisie sal handhaaf gedurende die winter maande onderhewig aan eksterne faktore.

In kort: Kondisie en dragtigheid loop hand aan hand soos deur die navorsing bewys is, produsente moet waaksaam wees om nie in slaggate te trap of besluite te maak sonder om die nodige wetenskaplike inligting wat beskikbaar is, in te span nie laag. Proteïneaanvulling is baie belangrik gedurende die droëer tydperk. Fosfaat as sulks is die mees ekonomiese aanvulling gedurende die groen tydperk alhoewel die eenheidsprys hoog is is die inname van diere laag.

Lek bly die mees ekonomiese bate vir ‘n produsent, die kuns is egter om dit strategies aan te wend om ekonomiese volhoubare produksie te bewerkstellig.

Kontak jou Feedmaster tegniese adviseur in jou gebied vir meer inligting.

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article