Loading...

Voer Veiliger Deur Vroegtydig Te Begin

Voer Veiliger Deur Vroegtydig Te Begin
Posted by on 1 February 2018 and filed under

Voer veiliger deur vroegtydig te begin

Christo Du Plessis

Die skouring bly ʼn belangrike- vertoonlokaal waar die land se genetika adverteer kan word, -maar ook met mekaar vergelyk kan word. Behoorlike voorbereiding is egter nodig om die kampioen dier op die dag te vertoon. Jy kan -nie meer net jou beter diere uitkeer en dink jy gaan beter advertensie kry as jou buurman met moontlike swakker genetika nie.

Om vroeër te begin met jou voedingsprogram hou verskeie voordele in:

Die-eerste-voordeel is natuurlik gemoedsrus, omdat jy weet jou diere reeds aangepas is en besig om in kondisie te verbeter.- Dit voorkom in die meeste gevalle oorhaastige besluite asook program veranderinge om energievlakke te verhoog vir ʼn vinniger reaksie, wat voersteurnisse kan veroorsaak en selfs jou goeie, -kwaliteit diere in die proses kan verloor.

Die voorkoming van asidose of spysverteringsteurnisse is dan ook die-tweede-en seker grootste voordeel omdat die diere behoorlik aangepas kan word oor ʼn langer tydperk. In perspektief is dit eintlik die rumen mikrobe populasies wat voldoende aangepas moet word vanaf veselverterende bakterieë na stysel verterende bakterieë. Indien hierdie oorskakeling nie stadig en voldoende plaasvind nie, kan dit ontstaan dat laktose (melksuur) produserende bakterieë te vinnig vermeerder en die pH in die rumen te vinnig daal en dus versuur wat die ander mikrobe populasies uitwis. Mens hoor telkens waar goeie genetika verloor is a.g.v asidose of suurpens. In die geval van asidose, word die rumen ook beskadig en in sekere gevalle beweeg rumen bakterieë deur die beskadigde rumenwand in die bloedstroom in, wat dan absesse in die liggaam van die dier veroorsaak. Ander simptome van asidose is ook laminitus of soos in die engels “lameness” wat jou op die dag van beoordeling duur te staan kan kom.

Die-derde-voordeel is dat die diere uit die somerseisoen kom in ʼn goeie kondisie, -dus kan jy met minder voer die kondisie bietjie verbeter en dit dan net handhaaf wat altyd goedkoper is, as om vet op ʼn skraal karkas neer te lê.

Die-vierde-voordeel is dat jonger diere wat oor ’n langer periode gevoer word, meer been en spiermassa groei, wat verseker die dier benut sy volle genetiese potensiaal en genoeg tyd is beskikbaar om die jong groeiende dier ook mooi afgerond te kry.

Die behoeftes wat aangespreek moet word in ʼn tipiese rantsoen , moet in ag geneem word dat elke dier dieselfde basiese voedingstowwe benodig nl. energie, proteïene, minerale en vitamiene. Die vlakke van hierdie voedingstowwe word weer beïnvloed deur verskeie faktore soos:

  • Geslag van die dier: is die rantsoen vir ʼn bul, vers of ʼn slagos?

  • Ouderdom of grootte van die dier: die voedingsbehoeftes van jonger en kleiner diere verskil van dié van volwasse en groter diere omdat diere in jonger groepklasse bv. ʼn hoёr proteïenvlak rantsoen moet kry, met die optimale vlakke van verbyvloei proteïen vir behoorlike spier ontwikkeling en groei. Balans is hier uiters belangrik omdat die voer van oormatige proteïene en te min energie weer sal veroorsaak dat die diere nie voldoende vet sal aansit kort voor die skou nie.

  • Ras: sekere rasse benodig hoёr innames om dieselfde kondisie telling te verkry.

  • Groeitempo: hier word gekyk na datums en wanneer die produsent wat wil bereik. Bv. vir slagosse moet mens versigtig wees dat die osse dan nie oorvet grade teen skoutyd behaal nie.

  • Stres en gesondheid: enige toestande van stres sal ʼn hoёr behoefte van vitamien en minerale veroorsaak en is dit baie belangrik dat die voer wat gebruik word voldoende vlakke van hierdie elemente het. Dit is ook belangrik dat skoudiere ontwurm is omdat parasiete ʼn groot gedeelte van die voedingstowwe wat vir die dier bedoel is kan gebruik en is dit wenslik om diere voor die aanvang van ‘n voerprogram teen inwendige parasiete te doseer.

Verskeie voedingstowwe het verskillende funksies in die liggaam van die dier hieronder kyk ons in diepte na elkeen van hierdie voedingstowwe:

Energie----Energie word erken as die brandstof om al die liggaamfunksies aan die gang te hou en gewigstoename te bevorder. Verskeie kere is rantsoene foutief geformuleer deur te veel fokus op proteïen vlakke te plaas en die waarde van energie te onderskat. ʼn Rantsoen het selfs genoeg energie nodig om beskikbare proteïen optimaal te benut. Die beskikbare energie is afkomstig van komponente in die rantsoen soos stysel, vesel (koolhidrate)- asook vet. ʼn Kleiner hoeveelheid word ook verkry van die afbreek van proteïene.

Die meer algemene energiebron wat vir die boer beskikbaar is. Bv. stysel, is afkomstig van mielies, koring of gars wat die boer self geplant het. Stysel is ook die hoof energiebron van die skoudier se rantsoen.

ʼn Tweede energiebron is-vesel, maar a.g.v. die struktuur van vesel wat bestaan uit sellulose, hemisellulose en lignien kan die verteerbaarheid en dus energiebeskikbaarheid verlaag. Vesel is egter nie minder belangrik nie omdat dit -spysvertering stimuleer deur die pH te verhoog a.g.v. speeksel afskeiding tydens herkou en dus suurpens en opblaas voorkom.

Die derde energiebron is-vet. Dit is die maklikste manier om die energie-digtheid van ʼn rantsoen te verhoog, veral met behulp van vet van ʼn plantaardige oorsprong omdat feitlik alle plantmateriaal ʼn sekere hoeveelheid vetinhoud het. Wat interessant is, is dat 1 kg vet meer as 2 maal soveel energie (2,25) verskaf as ʼn kg mielies of styselbron. ʼn Oormaat vet is egter weer netso nadelig in ʼn rantsoen omdat dit bind aan die plant materiaal van die dieet en sodoende vertering benadeel omdat rumen mikro-organismes nie aan die materiaal kan heg vir optimale vertering nie. Rumen verbyvloeivette het hier die voordeel dat dit in ʼn beskermde vorm deur die grootpens van die dier gaan en eers in die laer spysverteringskanaal geabsorbeer word.

Proteïen-– Wanneer daar na bespiering of spiergroei verwys word, dan praat jy van proteïene. Dit is saamgestel uit kleiner deeltjies bekend as aminosure wat aanmekaar gebind is en ʼn aminosuurketting vorm wat weer sekere vorms en bindings aanneem en dan ʼn proteïen vorm. In die liggaam word plantproteïen afgebreek in aminosure en aminosuur-kettings wat geabsorbeer en herrangskik in dierlike proteïen of komponente van die diereliggaam. Proteïen wat vir die dier beskikbaar gestel word, -bestaan dan hoofsaaklik uit mikrobe proteïen, afkomstig van mikro-organismes in die grootpens (rumen) van die dier wat weer uit rumen-afbreekbare proteïen en NPN (Nie Proteïen Stikstof) gevorm is. Die addisionele proteïen wat vir die dier beskikbaar is, kom van verbyvloei proteïen wat nie in die rumen afgebreek is nie.

Minerale-– Alhoewel dit benodig word in baie kleiner hoeveelhede, speel minerale ʼn kritiese rol in alle fisiologiese reaksies binne in die liggaam, sowel as die groei byvoorbeeld van bene. Die rol in immuniteit en vrugbaarheid kan ook nie uitgelaat word nie. Hier word bv. verwys na die belangrikheid van Sink (Zn) in semen kwaliteit en kwantiteit en ook die samewerking van Selenium (Se) en Vitamien E in immuniteit en die groei van spierweefsel. Minerale word ook in twee hoofgroepe opgedeel na gelang van die hoeveelhede wat deur die liggaam benodig word. Makrominerale word in groter hoeveelhede benodig deur die liggaam bv Ca en P vir bene en ook vir energiereaksies en ioonbalans in die selle. Minerale wat in kleiner hoeveelhede benodig word sluit in elemente soos yster, mangaan, selenium, sink en koper.

Vitamiene-– Word ook in kleiner hoeveelhede benodig is dit net so krities vir die fisiologiese reaksies in die liggaam. Dit voel soms of vitamine B onbelangrik is omdat dit nie bygevoeg word nie, maar die rede hiervoor is dat die bakterieë in die rumen voldoende vlakke van die vitamines vervaardig.

Produkte en Voerprogram

Die beste resultate word gewoonlik verkry wanneer ʼn gehalte produk gebruik word, met verloop van tyd ontwikkel is en op gesonde voedingsbeginsels, navorsing en ondervinding gebaseer is. Daarom is-Feedmaster-deurgaans besig om beproefde produkte af te stof en ook nuwe alternatiewe te ondersoek. ʼn Produk wat vanaf 2013 in die mark beskikbaar is naamlik: -“Rangeland Grower”, -is die ideale produk om jou voerprogram mee af te skop en die diere op aan te pas. A.g.v. die produk se hoë verbyvloeiproteïen waarde saam met genoegsame energie, is dit ideaal vir die uitgroei van jong kalwers wanneer hulle groei potensiaal op hul beste is. Omdat dit ook in ʼn meel vorm beskikbaar is, bied dit die alternatief om afgemeng te word na produksielekke vir speenkalwers om speenskok te voorkom. Daar kan altyd van hierdie produk nader aan die skou oorgeskakel word na die erkende produkte-Beefpro14, Rumen Optimizer-en-HPK 30-mengsels-wat hoër energievlakke het vir afronding en ook oor die giskultuur beskik vir optimale en gesonde rumen funksie. Met die verbod op alle groeistimulante en ionofore in Namibië het ons nuwe moontlikhede nagevors wat aanvaarbaar is in die EU. In die proses het-Actisaff-wat in Frankryk vervaardig word die lig gesien. Dit is ʼn lewende giskultuur wat ook die rumenmikro-organismepopulasies beïnvloed om diere vinniger aan te pas op voerkraal diëte en rumensteurnisse te verminder en voeromset te verbeter.-Rumen Optimizer-wat in 2017 die lig gesien het, kan ook effektief gebruik word vir kruipvoeding van kalwers vir optimale rumen papillla ontwikkeling of as afrondproduk vir skou en veilingsdiere. Die produk is hoog in styselenergie vir vinnige en doeltreffende afronding.

Met hierdie moontlikhede kan u met gemoedsrus Feedmaster produkte gebruik wat uitstekende resultate verseker en jou genetika die beste sal reflekteer op die groot dag in die skouring.

Your Quality Solution

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article