Loading...

Die Bestuur Van Weiveld Na Die Droogte

Die Bestuur Van Weiveld Na Die Droogte
Posted by on 10 November 2015 and filed under

Die afgelope droogte was ‘n baie moeilike tyd vir die veeboere in Namibië.  Dit het oor die algemeen min gereën, waar  sekere dele ook boonop laat reën ontvang het.  Dit het veroorsaak dat die veld kort uitgegroei het voor die grasse saad geskiet het om in dormansie gedurende die winter te kan gaan.  Dit het ‘n tekort aan droëmateriaal veroorsaak wat die droogte vererger het.

Die bestuur van weiveld na ‘n droogte het in terme van intensiewe navorsing nog baie min aandag geniet.  Die beste manier om die veld na ‘n droogte te bestuur is om goeie bestuur in die reënseisoen toe te pas.  Dus kan die impak van die droogte tot ‘n groot mate verlaag word.  Die bestuur behels goeie bestuur van die veld sowel as die vee, wat onder andere insluit die vermindering van veegetalle en die inbou van voldoende rusperiodes van die weiding.

Elke boer strewe daar na om volgehoue diere produksie te lewer, om dit te kan doen is dit egte rnodig om volgehoue weiveld produksie te hê.  Die veeboer is dus eerste ‘n grasboer voor hy ‘n veeboer is.

Veld wat in ‘n goeie toestand is herstel vinniger na die reën as veld wat verniel was.  Vernielde veld lei tot mensgemaakte droogtes (waneer die produksie potensiaal van die weiveld oorskat word) Mensgemaakte droogtes is wanneer boere droogtes ondervind waneer dit nie noodwendig droog is  nie.

Klimaksveld (bestaande uit meerjarige graspolle) lewer vining droëmateriaal na reën omdat die polle ‘n dieper  wortelstelsel het en ook van reserwes gebruik maak om uitteloop wat met goeie veldbestuur opgebou is.  Die eenjarige plante (opslag) neem ‘n rukkie om by te kom omdat die plant eers moet ontkiem alvorens droëmateriaal gelewer kan word.  Klimaksveld dien as voldoende weiding deur die jaar terwyl opslag slegs tydelik is.  Dit plaas die klem op die belangrikheid van klimaks veld vir volhoubare diereproduksie.

Nog ‘n voordeel van meerjarige grasveld is dat dit die grond beskerm teen die aanslae van die natuur, elemente soos temperatuur en reëndruppel neerslae.  Na ‘n droogte is die basale bedekking van die plante laer weens die moontlike afsterwing van graspolle, wat gedeeltelik of gehele afsterwing kan wees.   Erosie en afloop word dan‘n gevaar op sulke kwesbare weiveld.  Afloop  verminder die effektiwiteit van die reënval en gevolgelik dring minder water in die grond in en is minder water vir die plante beskikbaar.

Dit is belangrik om te onthou dat na ‘n droogte is die weidingkapasiteit van die weiveld laer as voorheen.Daar is verskeie redes hiervoor:

  • Die voerbank bestaande uit droëmateriaal wat gedurende nat jare opgebou was, is uitgeput
  • Na droogtes is dit opgemerk dat daar baie polvrektes plaasgevind het. 
  • In sekere gebiede het die pol nie totaal afgesterf nie maar slegs groot dele van die pol het gevrek

Dit is dus belangrik om die veegetalle  aan te pas by hierdie laer weidingkapasiteit weens die droogte en sodoende  onnodige diere te verminder.  Dit is egter wenslik om dit te doen voor daar ‘n droogte voorhande is,om die diere in goeie kondisie te verkoop en maksimale wins te verseker.Dit is ook belangrik om slegs die kern kudde uit te hou waarmee daar na die droogte geteel kan word

Met die eerste reën na ‘n droogte voel dit amper asof jy al jou diere in die lug wil laat hang om die veld kans te gee om te herstel.  Daar is verskeie maniere om die veld effektiewe rus(as die plant genoeg reën ontvang en dan onverstoord kan groei  en reserwes opbou) te gee soos bv. :

  • Skyf diere na spaar kampe wat nog onbewei is, indien daar is (afhangende van die graad van droogte)
  • Indien daar nie spaar kampe beskikbaar is nie, konsentreer dan op die kampe wat nog in die beste weidingstoestand is en gee die kampe wat dit die nodigste het tyd om te rus.
  • Indien die boer beskiking het tot ‘n voer bron kan die diere vir 21 dae in die voerkraal gehou word. Dit geld net in sekere gevalle omdat die plase in Namibië groot is en dit maak dit moeilik om so baie diere op kraal tehou.  Voerbronne uitsluitend natuurlike weiding in Namibië is skaars en duur.  Dit maak die opsie nie noodwendig prakties moontlik nie.
  • Nog ‘n alternatief is dat die rotasie tussen kampe na reën verhoog word ,sodat diere vinniger tussen kampe roteer.

Die peroide van onttrekking sal afhang van die hoeveelheid reën en dit word ook beinvloed deur klimaatstoetande.  ‘n Enkele ontrekking van 3 tot 6 weke na 50mm of meer behoort goeie resultate te lewer.

Dit is belangrik om die veld te laat rus omdat dit die veld tyd gee om droëmateriaal op te bou vir die res van die seisoen tot die volgende reën.  Die tydperk direk na die eerste reën is die weiveld meer gevoelig omdat die plante dan aktief groei en saailinge opkom.  Dit is dus belangrik om die polletjies tyd te gee om te vestig en nie deur diere uitgetrek te word nie.  Met al bogenoemde in ag genome is die kort en lank van die verhaal die inbou van lang rusperiodes ten einde die veld voldoende kans te gee om te herstel en weer volhoubare diereproduksie te kan handhaaf.

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article