Grade A0 09/03 - 75.00 / 02/03 - 75.00 (0.0%) Grade A1 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade A2 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade A3 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade A4 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade A5 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 (0.0%) Grade A6 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 (0.0%) Grade AB0 09/03 - 75.00 / 02/03 - 75.00 (0.0%) Grade AB1 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade AB2 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade AB3 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade AB4 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade AB5 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 (0.0%) Grade AB6 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 (0.0%) Grade B0 09/03 - 75.00 / 02/03 - 75.00 (0.0%) Grade B1 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade B2 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade B3 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade B4 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 (0.0%) Grade B5 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 (0.0%) Grade B6 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 (0.0%) Grade C0 09/03 - 70.00 / 02/03 - 70.00 (0.0%) Grade C1 09/03 - 74.00 / 02/03 - 74.00 (0.0%) Grade C2 09/03 - 74.00 / 02/03 - 74.00 (0.0%) Grade C3 09/03 - 74.00 / 02/03 - 74.00 (0.0%) Grade C4 09/03 - 74.00 / 02/03 - 74.00 (0.0%) Grade C5 09/03 - 70.00 / 02/03 - 70.00 (0.0%) Grade C6 09/03 - 70.00 / 02/03 - 70.00 (0.0%) Grade A439.69 25/01 - 39.00 Grade A0 09/03 - 75.00 / 02/03 - 75.00 0.0% Grade A1 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade A2 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade A3 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade A4 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade A5 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 0.0% Grade A6 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 0.0% Grade AB0 09/03 - 75.00 / 02/03 - 75.00 0.0% Grade AB1 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade AB2 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade AB3 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade AB4 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade AB5 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 0.0% Grade AB6 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 0.0% Grade B0 09/03 - 75.00 / 02/03 - 75.00 0.0% Grade B1 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade B2 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade B3 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade B4 09/03 - 78.00 / 02/03 - 78.00 0.0% Grade B5 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 0.0% Grade B6 09/03 - 76.00 / 02/03 - 76.00 0.0% Grade C0 09/03 - 70.00 / 02/03 - 70.00 0.0% Grade C1 09/03 - 74.00 / 02/03 - 74.00 0.0% Grade C2 09/03 - 74.00 / 02/03 - 74.00 0.0% Grade C3 09/03 - 74.00 / 02/03 - 74.00 0.0% Grade C4 09/03 - 74.00 / 02/03 - 74.00 0.0% Grade C5 09/03 - 70.00 / 02/03 - 70.00 0.0% Grade C6 09/03 - 70.00 / 02/03 - 70.00 0.0% Grade A439.69 25/01 - 39.00
Waterkwaliteit – Die verborge faktor wat jou mineraalprogram maak of breek

Ons hoor almal gereeld die gesegde: “Water is lewe”. As veeboere spandeer ons duisende rande op top genetika en beproefde weidingspraktyke om ons kuddes vorentoe te neem. Tog aanvaar ons dikwels blindelings dat ons boorgatwater van hoë gehalte is en slegs as 'n dorslesser dien.

Die realiteit is egter drasties anders: Water is nie net iets wat die dier drink nie; dit is ’n funksionele en kritiese deel van jou totale voedingsprogram. As daar fout is met jou water, word jou hele aanvullingsprogram en boerdery se winsgewendheid direk ondermyn.

  1. Die wiskunde van waterinname
  2. Ons weeg en balanseer rantsoene tot op die laaste gram, maar ons mis dikwels die grootste daaglikse inname-komponent.

    • ’n Gemiddelde 500 kg koei drink maklik 50 liter water per dag (en selfs meer in warm, droë tye).
    • Dit beteken haar waterinname verteenwoordig ongeveer 10% van haar totale liggaamsmassa, elke liewe dag.

    As daardie 50 liter se chemiese samestelling nie in jou mineraalprogram verreken word nie, werk jy in die duister.

  3. Die praktyk: Twee ware Namibiese gevallestudies

  4. Om die impak te illustreer, kyk ons na twee onlangse, anonieme waterontledings van plase wat met onverklaarbare produksieprobleme gesukkel het.

    Gevallestudie A: Die "bitter" water (Die oorsaak van artrose)

    Op ’n plaas het jong diere ernstige gewrigsprobleme en Osteochondrose (Artrose) begin wys. Die boer het gekla dat die diere slegs 80 gram van ’n standaard P6-lek vreet.

    • Die waterontleding: Die water was "vars" met baie lae natrium (72 mg/L), maar die chloried was toksies hoog op 662 mg/L, met 'n hoë pH van 8.6.
    • Die gevolg: Omdat daar nie genoeg natrium was om met die kloried te bind (om gewone sout te vorm nie), het die kloried met kalsium in die water gebind om kalsiumkloried te vorm. Dit het die water geweldig bitter gemaak, wat die lek-inname heeltemal onderdruk het.
    • Die skade: Om die "suur" (Chloriedlas) in die bloed te buffer, het die diere se liggame hul skelette begin stroop van kalsium en fosfaat. Die bitter water het letterlik die beeste se bene weggevreet terwyl hulle geweier het om die lek te vreet.

    • Gevallestudie B: Die "brak" mineraaldief

    Op ’n ander plaas het die diere 'n standaard 50% sout-winterlek absoluut geweier.

    Hulle het kondisie verloor ten spyte van vol lekbakke.

    • Die waterontleding: Natrium was uiterste hoog op 825 mg/L en sulfaat op 'n gevaarlike 1248 mg/L.
    • Die gevolg (Die Sout-Emmer): As 'n koei 50 liter van hierdie water drink, neem sy byna 100 gram tafelsout in net uit die water. Haar drang na sout is versadig nog voor sy by die lekbak kom, wat veroorsaak dat sy die sout-gebaseerde lek ignoreer.
    • Die skade: Die hoë Sulfaat dien nie net as 'n lakseermiddel wat voedingstowwe uitspoel nie, maar dit vernietig noodsaaklike spoorminerale soos sink en koper in die rumen. Die diere het 'n dubbele terugslag beleef: geen lek-inname nie, én die bietjie minerale in hul stelsel is deur die water geblokkeer.

    Hierdie faktore beïnvloed jou welvaart!

  5. Simptome in die veld
  6. Produsente wonder dikwels hoekom 'n spesifieke mineraallek in sekere kampe of seisoene "nie werk nie". Soos die gevallestudies wys, lê die oorsaak dikwels nie by die genetika of die lek self nie, maar by water-antagonisme.

    Let op vir hierdie tipiese tekens van waterverwante wanbalanse in jou kudde:

    • Dowwe haarkleed en swak immuniteit
    • Diarree en sub optimale groei (lae speengewigte)
    • Swak herbesetting (vrugbaarheidsprobleme) en stywe gewrigte

  7. Die pad vorentoe

  8. 'n Standaardlek is bloot 'n gemiddelde riglyn; dit is nie 'n "een-grootte-pas-almal" oplossing nie. As jy jou rantsoen presies balanseer maar ignoreer wat in jou water is, sal jy nooit die gewenste resultate behaal nie.

    In beide bogenoemde gevallestudies moes ons heeltemal wegstap van standaard lekke af. Deur byvoorbeeld die soutvlakke in die lek drasties te verlaag, melasse en semels by te voeg om die bitter smaak te masker, en organiese spoorminerale te laai, kon ons die innames herstel en die water se skade omkeer.


Om jou mineraalprogram te laat slaag, moet jy:

  1. Toets: Kry 'n geakkrediteerde wateranalise wat die pH, TDS (Total Dissolved Solids) swawel, chloried, natrium, kalsium en magnesium rapporteer. Skakel gerus Namib Laboratories of besoek hul webtuiste by www.namiblab.com, wat die bogenoemde toetse kan doen.
  2. Formuleer: Gebruik hierdie data om 'n doelgerigte mineraalformulering saam te stel wat antagonisme (blokkasies) omseil.
  3. Monitor: Hou lek-innames fyn dop en pas aan waar nodig.


Kontak vandag jou naaste Feedmaster-tegniese adviseur om jou waterontledings te integreer in 'n pasgemaakte program. Saam verseker ons volhoubare produksie en verhoogde winsgewendheid per hektaar.

Feedmaster – Your quality solution.