Grade A0 10/08 - 75.00 / 03/08 - 75.00 (0.0%) Grade A1 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade A2 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade A3 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade A4 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade A5 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 (0.0%) Grade A6 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 (0.0%) Grade AB0 10/08 - 75.00 / 03/08 - 75.00 (0.0%) Grade AB1 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade AB2 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade AB3 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade AB4 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade AB5 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 (0.0%) Grade AB6 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 (0.0%) Grade B0 10/08 - 75.00 / 03/08 - 75.00 (0.0%) Grade B1 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade B2 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade B3 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade B4 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 (0.0%) Grade B5 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 (0.0%) Grade B6 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 (0.0%) Grade C0 10/08 - 70.00 / 03/08 - 70.00 (0.0%) Grade C1 10/08 - 74.00 / 03/08 - 74.00 (0.0%) Grade C2 10/08 - 74.00 / 03/08 - 74.00 (0.0%) Grade C3 10/08 - 74.00 / 03/08 - 74.00 (0.0%) Grade C4 10/08 - 74.00 / 03/08 - 74.00 (0.0%) Grade C5 10/08 - 70.00 / 03/08 - 70.00 (0.0%) Grade C6 10/08 - 70.00 / 03/08 - 70.00 (0.0%) Grade A439.69 25/01 - 39.00 Grade A0 10/08 - 75.00 / 03/08 - 75.00 0.0% Grade A1 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade A2 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade A3 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade A4 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade A5 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 0.0% Grade A6 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 0.0% Grade AB0 10/08 - 75.00 / 03/08 - 75.00 0.0% Grade AB1 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade AB2 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade AB3 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade AB4 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade AB5 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 0.0% Grade AB6 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 0.0% Grade B0 10/08 - 75.00 / 03/08 - 75.00 0.0% Grade B1 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade B2 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade B3 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade B4 10/08 - 78.00 / 03/08 - 78.00 0.0% Grade B5 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 0.0% Grade B6 10/08 - 76.00 / 03/08 - 76.00 0.0% Grade C0 10/08 - 70.00 / 03/08 - 70.00 0.0% Grade C1 10/08 - 74.00 / 03/08 - 74.00 0.0% Grade C2 10/08 - 74.00 / 03/08 - 74.00 0.0% Grade C3 10/08 - 74.00 / 03/08 - 74.00 0.0% Grade C4 10/08 - 74.00 / 03/08 - 74.00 0.0% Grade C5 10/08 - 70.00 / 03/08 - 70.00 0.0% Grade C6 10/08 - 70.00 / 03/08 - 70.00 0.0% Grade A439.69 25/01 - 39.00
Voorbereiding Van Vervangingsooitjies Vir Optimale Produksie

Dit is ‘n bekende en belangrike praktyk in veeboerdery om elke jaar minstens 20% van die ooikudde met jong ooitjies te vervang en wel om die volgende redes:

  1. Om die ooikudde se gemiddelde ouderdom te handhaaf
  2. Om ouer diere waarvan die produksie en reproduksie vermoë begin daal te vervang
  3. Om die kudde se gehalte voordurend te verbeter
  4. Om deurlopend nuwe genetika in die kudde te bring

Vervangingsmetode

  1. Haal alle ou ooie uit wat:
  • Sluittand is
  • Swak in kondisie is
  • Swak moedereienskappe toon
  • Uierprobleme ontwikkel het
  1. As ooilammers gespeen word vir vervanging, selekteer hulle vir:
  • Tipe
  • Bouvorm
  • Haarbedekking
  • Vroulikheid
  • Een van ‘n tweeling
  1. Hou vervangingsooitjies apart om hulle te help om optimaal te groei deur ekstra voeding te gee soos ‘n lek met hoë deurvloeiproteiene soos Veekos Super Lammerooilek, Veekos Energielek of Veekos Produksielek. Die doel van lekaanvulling aan vervangingsooitjies is om te poog dat ooie met aanvang van hulle eerste paring die korrekte teikenmassa bereik het, in ‘n uitstekende kondisie (3.5 kondisietelling plus) is en hulle massatoename op daardie stadium ‘n stygende tendens toon wat ook meerlinge kan meebring deur middel van verhoogde ovulasietempo. Navorsing toon dat jong ooitjies wat konstant bly groei na speen teen so min as 50 tot 80 gram per dag, se vrugbaarheid oor die res van haar reproduktiewe lewe baie beter is as die ooitjies wat swaar groot word.
  1. Selekteer weer die ooitjies na paring soos in punt 2 en hou slegs die ooitjies wat wel dragtig is vir vervanging

Paring-

  • Ooitjies kan vanaf ouderdom 12 maande of 40 – 45 kg gepaar word.
  • Elke ras het sy eie minimum massa vir jong ooitjies wat die eerste keer gepaar word, maar die algemene riglyn is dat die jong ooitjie minstens 80% van die volwasse ooie se massa moet weeg vir goeie besetting tydens eerste paring.
  • Ooitjies kan ses weke na paring geskandeer word vir dragtigheid.
  • Hoe beter die kondisie (3.5 telling plus) van die ooitjies is met paring hoe hoër sal die lampersentasie wees.
  • Jong vervangings ooitjies wat by eerste paring beset raak, is gewoonlik die meer vrugbare ooitjies.
  • Optimale voeding tydens laat-dragtigheid is belangrik vir:
  • Fetus ontwikkeling
  • Vorming van uierweefsel
  • Kwaliteit biesmelk

Hierdie werkswyse kan 'n baie groot bydrae lewer tot meer winsgewende boerdery. Vervangingsooitjies moet tydens dragtigheid baie rustig wees en baie min hanteer word.