Loading...

Vroualleen Woeker Met Kwaliteit Dorpers

Vroualleen Woeker Met Kwaliteit Dorpers
Posted by on 1 April 2015 and filed under

VOORWOORD

“As ek weer terugkom aarde toe wil ek ’n Dorper op Bloemhof wees.” Raker kon Danie de Lange, Feedmaster se tegniese adviseur in die suide, nie -se omgee en liefde vir haar Dorpers opsom nie. Danie, wat al ’n lang pad met Stella stap, en Marietjie van Staden van-Agriforum-het einde Maart ’n dag op Stella se plaas op die Kalkplato deurgebring. Sy boer die afgelope 22 jaar alleen en skryf haar sukses toe aan die feit dat sy haar met kundiges omring van wie Danie een is.

Op 76 jaar sien sy so wrintiewaar ook nog kans om met haar kwaliteit Dorpers stoetteling op klein skaal aan te pak – net vir verkope op die plaas. As jong meisie het sy reeds haar staal gewys. Sy het in die sestigerjare twee jaar lank vir die destydse Suidwes hokkie gespeel. Sy was ook een van die eerste vroue-eiendomsagente in die land. ’n Eiesoortige kunssinnigheid is nog ’n talent waarmee sy woeker. En daardie gees wat so jonk bly, is sekerlik die grootste bate. Stella lyk jare jonger as haar eintlike jare. Lees meer oor hierdie raakvatter-boer hiernaas.

VROUALLEEN BLY STELLA WOEKER MET HAAR KWALITEIT DORPERS-

Sy boer al 22 jaar alleen. En op 76 jaar het sy nog ’n-bucket list-vir haar boerdery.

Dié ystervrou is Stella Cronjé wat op die plaas Bloemhof op die Kalkplato, 40 km oos van Mariental, eers haar pa en toe haar man se Dorper-boerdery suksesvol voortsit. Stella se pa, Piet Nel, was een van die eerste Dorper-boere in die land. Kwaliteit is nou op ’n vlak wat haar toelaat om haar hand aan stoetteling te waag. “Ek oorweeg dit op klein skaal vir verkope net op die plaas.” Sy voeg by dat sy goeie bloedlyne van haar pa en haar man geërf het.

Toe haar man Cecil in 1993 oorlede is, het Stella besef sy sal nou die leisels moet vasvat. ’n Maklike taak was dit nie. Sy vertel haar neef en die bekende Swakara-teler, wyle Piet Jacobs, wat ook op die Kalk geboer het, het haar ná haar man se dood op die plaas besoek en haar gevra wat sy nou gaan doen. “Ek het hom vertel ek wil aangaan. Dit het nie sy goedkeuring weggedra nie, maar hy het my die versekering gegee dat hy my sal onder­steun so ver hy kan. Hy en sy broer Kobus was my steunpilare.”

Op haar yskasdeur pryk die volgende ware woorde: “If you want to be successful in life, surround yourself with competent people.” Sy voeg toe self by “... those you can trust”. Dit is presies wat sy doen. Sy maak gebruik van die dienste van ’n kleinveekonsultant, voeding- en weidingkundiges, die veearts. Noem maar op. “Dit is hulle wat my op die suksespad hou.”

Vir Stella is weidingbestuur ’n prioriteit. “My man het konserwatief bestok. Hy het geglo jy kan nie ’n graspol koop nie. Hierdie waarheid het hy goed by my vasgelê.” Haar omgee vir die omgewing strek ook wyer. “Ek sal nooit gif gooi om roofdiere te beheer nie. Ek besit nie ’n slagyster nie, want wie wil nou ’n steenbokkie of ’n bakoortjie in ’n slagyster sien vassit?” Stella is ’n voorstander van vanghokke omdat skadelose diere soos die muskeljaatkat vrygelaat kan word.

Kilogramme per ha tel

“Ek is ’n kilogramboer. Dit gaan oor hoeveel gewig ek per hektaar afhaal,” sê Stella. Sy glo daarom aan goeie genetika. “Ek koop die beste ram wat ek kan bekostig. Ek koop nie ramme oor die toonbank nie. My lewe lank werk ek hard om kwaliteit aan die formele mark te voorsien.”

Om in hierdie doelwit te slaag besoek kleinveekonsultant Daan Bosman van Upington haar een keer per jaar om te help met seleksie. “Ek speen so vroeg as moontlik. Die hamels word dan in een kamp gesit en die speen­ooie in ’n ander kamp – gereed vir Daan se keuring. Hy help my ook met ramkeuses om tekortkominge in my kuddes reg te stel. Ek het altyd gekyk vir boude. Nou soek ek lengte op advies van Daan. Eienskappe soos gehardheid is ingeboet omdat ek in ’n stadium te veel klem op bouvorm gelê het.”-

’n Vereiste vir haar is vroeë, natuurlike besetting – ooie wat hul lammers moeitevry grootmaak en op natuurlike weiding floreer. “Ek wil hulle nie-nurse-nie. Ek wil hulle net help.”-

Unieke stelsel vir paring-

Stella volg ’n enkel paarseisoen – 15 Oktober tot 31 Julie – om bestuur te vereenvoudig. “As die manne dit hoor, skrik hulle hulle wit. Tog werk dit vir my. Ek kan dan duidelik sien wanneer ramme ekstra aandag nodig het, terwyl ooie kans kry om te herstel. Voor paring bly die ramme in die gistrop en die lammerooie in afsonderlike kampe. Nadat ek die ramme uitgehaal het, gee ek die gisooie vyf maande kans vir herbesetting. So weet ek watter ooie is onvrugbaar. Daardie passasiers moet slagplaas toe.”-

Soos die ooie lam, haal Stella hulle uit en verdeel hulle in drie groepe, naamlik –

Trop A: Die ooie wat eerste lam en meer vrugbaar is.

Trop B: Die ooie wat later lam en nie so vrugbaar is nie.

Trop C: Daardie ooie wat die rooi ligte laat flikker, laaste dragtig word en vir uitskot bestem is.

“Ooie wat teen Desember nie gelam het nie, moet gaan. My strewe is om Trop A al groter te maak en Trop C uit te faseer.”

As konsultant Daan op sy jaarlikse besoek is, kry die gekeurde ooie groen oorplaatjies. As ’n ooi ’n dooie lam gee, kry sy ’n geel oorplaatjie. Sy kry wel ’n tweede kans voor uitskot wanneer daar ook na die tande (ouderdom) gekyk word. Vervangingsooie wat nie die eerste keer ram gevat het nie en wie se vrugbaarheid be­vraag­teken word, kry ’n pers oorplaatjie. “Daarby gee die stelsel my tyd om na my diere se gesondheid om te sien, omdat dragtige ooie nie teen sekere siektes geënt kan word nie. Ek kan so ook agterkom of daar aan hul voedingbehoeftes voldoen word.”-

Stella het min genade met ooie wat nie in twee siklusse beset raak nie of ooie wat sukkel om hul lammers groot te maak. Dit word duidelik gereflekteer in haar besettingsyfer van 93% die afgelope jaar.-

Erns met weiding, voeding en gesondheid-

Kleiner troppe in kampe wat so elke twee maande gewissel word, vorm die kern van Stella se weidingbestuur. “My veld lyk pragtig. Dit wat ek doen, is dalk teenstrydig met dié van die hedendaagse kenners wat druk beweiding verkondig.”-

Stella bestok lig – een Dorper op 4 ha. Met die Feedmaster-Suksesverhaalspan se besoek op 23 Maart was die ou veld nog goed. Gemid­deld was daar toe al 50 mm vir die seisoen gemeet. Volgens Stella sal ’n verdere 40 mm haar deurtrek.-

Sy is ook ’n voorstander van ’n volledige lekprogram – geskoei op die twee seisoene, nat en droog, wat sy by lamtye aanpas. “Gebalanseerde lek het ’n groot impak op my kuddes gehad en produksie opgestoot. Geen boer kan net klipsout uitsit en verwag sy diere moet goed produseer nie. Ek gee hoofsaaklik ’n produksielek wat ek self meng om koste te bestuur en maak gebruik van ’n kombinasie van Droëveldkonsentraat, Enerfeed, Enermol, Rangeland Grower en sout – alles Feedmaster-produkte. Ramme word voor die paarseisoen voorberei op Veekos Stoetveekorrels om hulle in ’n goeie kondisie te kry en hoë kwaliteit saad te verseker.”-

Dieregesondheid lê Stella net so na aan die hart. Haar doseerprogram behels ’n breëspektrum-wurmmiddel twee keer per jaar, entings teen lamsiekte in die voorjaar en teen bloednier jaarliks. Ramme wat vir paring voorberei word, word gedoseer teen neuswurm. Hulle kry ook ’n multivitamien-spuit. Haar drie­kudde-bestuurstelsel laat verder toe dat sy voorkomend kan ent teen bloutong wat in goeie reënjare kan uitbreek. “Ek het aanvanklik nagelaat om opvolg-entings vir volledige immuniteit te doen. Vandat ek dit doen, verloor ek nie meer sommer diere nie.”-

Waardetoevoeging tot bemarking-

Stella se trots lê in die produk wat by haar plaashek uitgaan. “Dit moet van die hoogste moontlike kwaliteit wees. Ek het twee jaar gelede vir my ’n fênsie skaal gekoop en nou weeg ek dat dit bars. Speengewig het ek op 32 kg vasgepen. Om veld te spaar is 35 kg lewendige massa die afsnypunt vir markklaar lammers in ’n goeie reënjaar. Ek weeg elke dier voor bemarking om dit te vergelyk met gewigte op die verslagtingsverslag.” Haar bestuursinsette wat beide kuddes en weiding betref, stel haar in staat om ’n groot persentasie van haar lammers teen ’n karkasgewig van meer as 15 kg te bemark. Haar strewe is om hierdie persentasie te bly lig vir die premieprys. Sy bemark lammers net aan die uitvoer-abattoir op Mariental en probeer soveel as moontlik verslagtings self bywoon om te sien hoe lyk haar produk as die vel af is. “In die ou dae kon ons net op vei­lings bemark. Nou het ons ’n ander opsie. Hoekom moet ek my diere kilometers ver laat aanry na veilings of vir uitvoer as daar ’n abattoir op my drumpel is?”-

’n Klein voerkraal by die opstal maak dit vir Stella moontlik om waarde toe te voeg. In November verlede jaar het sy vyftig lammers wat nul sou gegradeer het vir ses weke voor bemarking afgerond. Dit was ’n proeflopie wat gewerk het danksy die abattoir-prys wat meer as N$50 per kg was om ’n wins van N$200 per kop (voerkoste afgetrek) te realiseer. Sy bemark egter hoofsaaklik van die veld af. In die droë najaar rond sy ou ooie en stertkant-lammers in die voerkraal af, maar nie voordat sy ’n deeglike ontleding van koste gedoen het om wins­gewendheid te bepaal nie. Die ou ooie word aan ’n slagter op Mariental bemark.-

Rekordhouding werk op papier-

“Vir ander boere kan my rekordhouding na ’n riller lyk, maar vir my werk dit uitstekend – op papier. Ek boer tussen my skape en nie in die studeerkamer agter die rekenaar nie. Dit moet ’n plesier wees om te boer en vir my is dit.”-

Stella bieg dat net sy dalk sin uit al die skrywes op papiervelle kan maak. Maar vra haar oor getalle of watter ramme by watter ooie in watter kamp is, dan blaai die vingers vinnig die antwoord raak. So word daar ook fyn boek gehou van lammers wat bemark word, wanneer diere teen watter siekte gedoseer word, FANMeat-inskrywings en die voerkraaldiere.

“Die oomblik as banke tjekboeke stop, gaan ek ouetehuis toe. Ek is baie versigtig vir elektroniese bankwese oor daardie-hackers-van wie ’n mens so baie hoor.”

Arbeidbestuur gestroomlyn-

Arbeidsake wat op baie plase ’n kopseer is en ook so vir Stella is, loop nou vlotter vandat sy sewe maande gelede die skuldboek weggepak het en suiwer op ’n kontantbasis werk. “Ek moes dit al lankal gedoen het. My werkers word tweeweekliks betaal en kry 3 kg vleis en N$100 se droë rantsoen per week soos pasta, rys, aartappels en uie. Die op-die-skuld-kopery het altyd op ’n stryery uitgeloop, al vertel jy hulle dat hulle nie by winkels op die dorp op skuld kan koop nie. Bedrae van uitstaande skuld is tel­kens ook in twyfel getrek. Ek het agtergekom dat hulle nou volgens my nuwe stelsel meer in beheer is van hul geldsake en bemagtig voel deurdat hulle kontant betaal vir hul benodigd­hede. Dit werk soos ’n bom.”-

Infrastruktuur in ’n puik toestand

Stella vertel sy en haar man het die voorreg gehad om op ’n opgeboude plaas te begin boer. Behalwe vir instandhouding was daar nie eintlik infrastruktuurkoste nie. Die feit dat die plaas van 5 000 ha nie net met jakkalsproefdraad omhein is nie, maar ook in twee gedeel is met jakkalsproefdraad hou ’n groot bestuurvoordeel in.-

Haar pa was van die eerstes wat jakkalsproefheinings begin span het lank voordat dit wet geword het. Maar oor ’n tydperk van ’n hele paar jaar. “Hy het die sifdraad rol vir rol van Mariental af aangery in sy perdekapkar of met die wa en die donkies. En elke keer het hy by my ma gespog oor die paar rolle wat bygekom het. As ek so deur die veld ry, sien ek nog die afgesaag­de kameeldoringhoutbome waarvan my pa pale vir die heinings gemaak het.”-

Van die kampe hou Stella deeglik boek ... wanneer watter diere in- en uitgeskuif word, waarheen hulle geskuif word, die samestelling van die trop (eerste paringsooie, jong ooie, ouer diere of oud en jonk gemeng) en hul gesondheidstatus (wanneer hulle teen watter siektes gedoseer is).-

En hier word ’n los geldjie in die boerdery ge­steek, nie in luukse rygoed nie. Stella ry steeds die Toyota-bakkie wat sy in 2004 gekoop het. “Hy het nog nie eens 100 000 km op sy klok nie. Hoekom moet ek ’n nuwe bakkie koop net om fênsie te wees?” Sy vertel haar hand het gebewe toe sy daardie tjek van meer as N$100 000 uitgeskryf het. Ander rygoed op die plaas is ’n ou Chev-bakkie (1975) en ’n Land Cruiser (1978).

Op die res van die boer­dery-opset word ’n ewe sorgsame hand gehou.

INDRINGERBOSPROEF OP BLOEMHOF

Stella Cronjé was een van die eerste suideboere wat die stryd teen indringerbos aangesê het. Die soet- en driedorings het al meer geword en haar baie gepla. “Hoekom moet ’n mens wag totdat ’n krisis word?” was haar uitkyk. So het Stella toe aan die deur van voorligtingbeampte Chris van Lill van Mariental geklop wat met ’n ontbossingsproef op haar plaas Bloemhof begin het – van Oktober 2003 tot Junie 2008. Die resultate van dié proef en vyf ander op verskillende plase in die suidelike en suidoostelike dele van die land is in 2008 se-Agricola-van die Mini­sterie van Landbou, Water en Bosbou gepubliseer. Die doel daarvan was om te bepaal watter bosdoders en beheermetodes die beste is vir chemiese bosbeheer. Johan van Eck het Chris bygestaan.

Op die 1 ha afgekampte proefarea op Bloemhof was die dominante driedoring (Rhigozum trichotomum) veral ’n groot probleem in die strate tussen die suideduine met digthede van tot 40 000 bosse per ha en direk in kompetisie met gras deurdat die vlak haarwortelstelsel die meeste van die water ná reënbuie opslurp. Plek-plek was die bosse so dig dat kleinvee en wild nie daardeur kon beweeg nie.-

Op Bloemhof was die bosdigtheid in totaal 4 600 op die een hektaar. Die gemiddelde reënval hier is 130 mm per jaar. Grondtipe wissel van kalkerig tot ’n hoër klei-inhoud rondom panne. Die veldtipe is ’n mengsel van bossies en gras. Savana SC 500 (25% Tebuthiuron en 25% Bromacil) – 5 liter daarvan gemeng met 30 liter water – is per spuit rondom die stamme van bosse toegedien teen 2 ml per 0,5 m bos­hoogte. Die koste het N$150 per ha beloop. Die resultate was ’n bosmortaliteit van 100% op die kalkerige grond en 85% rondom die meer kleierige panne.

Molopo GG P200, wat per hand of uit ’n vliegtuig toegedien word, is ook op die proefpersele gebruik met doeltreffende resultate. Lugtoe­die­ning was goedkoper waar bosdigtheid minder as 2 000 per ha en die boshoogte tussen 1 en 2 m was. Indringerbos korter as 1 m is meer suksesvol per hand behandel. Uit die proewe het dit geblyk dat bosdoders in groter hoeveelhede op kleierige grond toegedien moet word en die doeltreffendheid daarvan drasties afneem wanneer die klei-inhoud 25% oorskry.-

Met die aanvang van die proef in Oktober 2003 was die botaniese samestelling op Bloemhof 25% meerjarige grasse en 75% een­jarige grasse met kaal kolle tussenin. Teen die af­slui­ting in Junie 2008 het die eenjarige grasse, hoofsaaklik suurgras (Schmidtia kalah­ri­ensis), tot 10% afgeneem. Kosbare klimaksgrasse, veral blinkhaar (Stipagrostis uniplumis) en in ’n mindere mate langbeen-Boesman (Stipagrostis ciliata) en leeusteekgras (Eragrostis lehmannia­na) het hul verskyning gemaak en was op 90% dominant. Geen kaal kolle was sigbaar ná Junie 2008 nie. Weidingkapasiteit het met 300% toegeneem danksy die aansienlik gunstiger plante­groei-samestelling van hoofsaaklik meerjarige grasse. Inkomste per ha het van N$88.55 tot N$241.50 toegeneem. Volgens Stella het die bio­massa-opbrengs met meer as 200% verbeter.-

Hierdie uitstekende resultate het van haar ’n nog groter voorstander van bosbeheer gemaak. Stella konsentreer deesdae op probleemkolle en -stroke. “Aanvanklik het ek gespuit, maar deesdae gooi ek korrels. Sedert die proef het ek van indringers op sowat 5 ha ontslae geraak.”

KUNSTIGE VROUEHAND ORAL SIGBAAR-

Stella Cronjé was een van die eerste suideboere wat die stryd teen indringerbos aangesê het. Die soet- en driedorings het al meer geword en haar baie gepla. “Hoekom moet ’n mens wag totdat ’n krisis word?” was haar uitkyk. So het Stella toe aan die deur van voorligtingbeampte Chris van Lill van Mariental geklop wat met ’n ontbossingsproef op haar plaas Bloemhof begin het – van Oktober 2003 tot Junie 2008. Die resultate van dié proef en vyf ander op verskillende plase in die suidelike en suidoostelike dele van die land is in 2008 se-Agricola-van die Mini­sterie van Landbou, Water en Bosbou gepubliseer. Die doel daarvan was om te bepaal watter bosdoders en beheermetodes die beste is vir chemiese bosbeheer. Johan van Eck het Chris bygestaan.-

Op die 1 ha afgekampte proefarea op Bloemhof was die dominante driedoring (Rhigozum trichotomum) veral ’n groot probleem in die strate tussen die suideduine met digthede van tot 40 000 bosse per ha en direk in kompetisie met gras deurdat die vlak haarwortelstelsel die meeste van die water ná reënbuie opslurp. Plek-plek was die bosse so dig dat kleinvee en wild nie daardeur kon beweeg nie.-

Op Bloemhof was die bosdigtheid in totaal 4 600 op die een hektaar. Die gemiddelde reënval hier is 130 mm per jaar. Grondtipe wissel van kalkerig tot ’n hoër klei-inhoud rondom panne. Die veldtipe is ’n mengsel van bossies en gras. Savana SC 500 (25% Tebuthiuron en 25% Bromacil) – 5 liter daarvan gemeng met 30 liter water – is per spuit rondom die stamme van bosse toegedien teen 2 ml per 0,5 m bos­hoogte. Die koste het N$150 per ha beloop. Die resultate was ’n bosmortaliteit van 100% op die kalkerige grond en 85% rondom die meer kleierige panne.-

Molopo GG P200, wat per hand of uit ’n vliegtuig toegedien word, is ook op die proefpersele gebruik met doeltreffende resultate. Lugtoe­die­ning was goedkoper waar bosdigtheid minder as 2 000 per ha en die boshoogte tussen 1 en 2 m was. Indringerbos korter as 1 m is meer suksesvol per hand behandel. Uit die proewe het dit geblyk dat bosdoders in groter hoeveelhede op kleierige grond toegedien moet word en die doeltreffendheid daarvan drasties afneem wanneer die klei-inhoud 25% oorskry.-

Met die aanvang van die proef in Oktober 2003 was die botaniese samestelling op Bloemhof 25% meerjarige grasse en 75% een­jarige grasse met kaal kolle tussenin. Teen die af­slui­ting in Junie 2008 het die eenjarige grasse, hoofsaaklik suurgras (Schmidtia kalah­ri­ensis), tot 10% afgeneem. Kosbare klimaksgrasse, veral blinkhaar (Stipagrostis uniplumis) en in ’n mindere mate langbeen-Boesman (Stipagrostis ciliata) en leeusteekgras (Eragrostis lehmannia­na) het hul verskyning gemaak en was op 90% dominant. Geen kaal kolle was sigbaar ná Junie 2008 nie. Weidingkapasiteit het met 300% toegeneem danksy die aansienlik gunstiger plante­groei-samestelling van hoofsaaklik meerjarige grasse. Inkomste per ha het van N$88.55 tot N$241.50 toegeneem. Volgens Stella het die bio­massa-opbrengs met meer as 200% verbeter.-

Hierdie uitstekende resultate het van haar ’n nog groter voorstander van bosbeheer gemaak. Stella konsentreer deesdae op probleemkolle en -stroke. “Aanvanklik het ek gespuit, maar deesdae gooi ek korrels. Sedert die proef het ek van indringers op sowat 5 ha ontslae geraak.”-

BOERDERY SE BEGIN

Boerdery op Bloemhof het in 1926 begin. Stella se pa Piet Nel het in 1924 uit die Karoo die land ingekom met ’n troppie mofskape. Sy broer en sy suster het hom vergesel. Hulle het aanvanklik op Okahandja beland waar hulle grond gehuur het. In 1928 is Piet met Gerrie Jacobs getroud. Sy was ’n tannie van wyle Piet Jacobs, ’n bekende Swakara-teler. Toe die regering plase op die Kalk oos van Mariental opgemeet het, het Stella se pa aansoek gedoen en 10 000 ha gekry. Daar was net ’n boorgat op. Later is die plaas tussen hom en sy broer, Gert, verdeel.

Stella vertel haar pa het Engels grootgeword. “Sy ouers is jonk oorlede. Die Quintons van Beaufort-Wes het hom in die huis geneem. Hy het ook aanvanklik vir hulle gewerk. Die mense het ons die ’Perdevel Nels’ genoem. My pa was dol oor perde, ook ’n perdefluisteraar (horse whisperer), wat destyds ook ’n Hackney-hings van Prieska ingevoer het. Hy het ­nooit kakie­klere gedra nie. Tipies van sy Engelse agtergrond was hy altyd gestewel en gespoor. Toe ons die plaas in 1977 oorgeneem het, het hy al die Swakara-skape verkoop. Hy kon nie ’n dier se keel afsny nie. Hy kon ook nie jag nie.”-

Die Dorpers se koms is aan Stella se ma ­Gerrie te danke wat oor die nuwe ras in die-Landbouweekblad-gelees het. “Die Jode van Asab het van die eerste Dorpers ingevoer. My pa het ’n klompie by hulle gekoop wat per trein op Mariental aangekom het en aangery is plaas toe. Die Dorpers het toe nog baie wol gehad.”

In 1977 het Stella en haar man, Cecil, die plaas oorgeneem by haar ma wat ná haar pa se dood toe al twintig jaar alleen op die plaas was. Anders as Stella wat op eie houtjie regkom, het haar ma van plaasbestuurders en voormanne gebruik gemaak.-

Stella en Cecil het mekaar op ’n hokkiedans in Windhoek ontmoet toe sy vir die destydse Suidwes gespeel het en Cecil vir die Ramblers Klub in Windhoek. Sy was een van die eerste vroue-eiendomsagente in die land. “Ek het eintlik as sekretaresse by Jurie van Zyl Eiendomme ingeval, maar moes gou eiendomsverkope onder die knie kry. Dit het ek tien jaar lank in my jong dae gedoen, maar nie weer nie. Die nydigheid onder kollegas, kopers wat jou inloop met kommissie en die ontydige oproepe was nie vir my nie.”-

Cecil was oorspronklik van Port Elizabeth waar hy in die wolbedryf werksaam was. Hy het ’n advertensie raakgesien van die Wool Growers Association (WGA) wat wolklassifiseerders vir die destydse boerekoöperasie FCU gewerf het en hy het aansoek gedoen. Toe hy op die lughawe buite Windhoek land, het hy besluit hier bly hy net ’n week. Dit sou ’n leeftyd word. Sussex-teler Adri Basson het ook die land so ingekom. “Ek en Adri bel mekaar vandag nog op ons verjaardae.”-

Stella is die jongste van vier susters en ’n geliefde “ma” en “ouma” vir haar susters se kinders en kleinkinders en sommer ook vir haar vriende se kinders. Sy en Cecil het nie kinders gehad nie.

Tipies van ’n harde werker is ’n wysheid van haar: “Kameelhout maak nie meer lekker kole nie, mense het ook nie meer soveel-guts-nie.”

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article