Loading...

Vrae Wat Gereeld Oor Melkproduksie Van Boerbokke Gevra Word

Vrae Wat Gereeld Oor Melkproduksie Van Boerbokke Gevra Word
Posted by on 20 August 2018 and filed under

Vrae wat gereeld oor Melkproduksie van Boerbokke gevra word

1. Hoekom is dit belangrik dat ons oor die melkproduksie van bokooie moet praat ?
Antwoord:

Ek kry elke jaar die tyd navrae vanaf produsente oor ooie wat te min melk het en ons sien dit meestal eers nadat die ooie gelam het.
Om die probleem reg te stel is soms te laat, maar ook moeiliker en duurder as om die probleem te voorkom.
Voldoende biesmelk van goeie kwaliteit vir die lammers binne die eerste 4 uur na ‘n ooi gelam het, beperk ook vrektes veral in die winter.
Ons weet dat bokooie wat vanaf Juniemaand lam, baie meer tweelinge en selfs drielinge gee wat nog meer melk van die ooi vereis.

2. Hoekom gebeur dit dat bokooie wat in ‘n goeie kondisie is en met ‘n skynbare goed ontwikkelde uier lam, nie genoeg melk het nie ?
Antwoord:

Lammers ontwikkel baie vinnig in die laaste 6 tot 8 weke van dragtigheid, dus is daar minder spasie in die buikholte en ooie vreet dan eintlik te min tydens laat-dragtigheid. Ooie begin dan reeds op hul reserwes teer en sy te min melk en begin sy baie vinnig kondisie verloor as sy lam.

3. Wat moet die boer doen om te verseker dat al die ooie genoeg bies- en melk produseer om hul lammers goed groot te maak ?
Antwoord:

Begin help laat-dragtige ooie met byvoeding sodra die eerste ooie uier maak. Ooie wat elke aand in die kraal slaap moet voer kry, want lek is nie voldoende nie. So min as 200g voer per ooi elke aand vir die laaste 30 dae voor ‘n ooi lam, sal goeie kwaliteit biesmelk en genoeg melk verseker.

4. Watter produkte werk die beste by bokooie vir optimale melkproduksie ?
Antwoord:

Solank as daar nog genoeg ruvoer in die veld is en ooie nie elke dag te ver moet loop nie sal 250g Rumen Optimizer per ooi goed werk. Hou aan om die produk vir die lammerooie ook te gee tot die jongste lammers ongeveer 2 maande oud is. Ooie wat meerlinge grootmaak kan tot 500g Rumen Optimizer per dag kry.
Lammers moet vanaf 10 dae ouderdom elke dag klein hoeveelhede Stoetvee- of RamLamOoikorrels kry. Namate lammers groter word en meer vreet moet die hoeveelheid korrels verhoog word.
Indien die weiding min of swak is, kan die ooie Stoetvee- of RamLamOoikorrels kry omdat korrels lusern bevat en Rumen Optimizer nie.

5. Slot opmerkings oor die byvoeding aan bokooie

Elke boer wat hierdie paar riglyne toepas, gaan baie meer lammers suksesvol groot kry EN die lammers gaan gouer markgereed wees !
Ons weet kopers betaal beslis meer vir lammers wat goed gegroei het en lewenskragtig is met ‘n blink, gladde haarkleed.

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article