Loading...

Lekaanvulling: Doen Ek Iets Verkeerd?

Lekaanvulling: Doen Ek Iets Verkeerd?
Posted by on 30 August 2016 and filed under

Ek het in 1969 die eerste keer werklik bewus geword van lekaanvulling. My oom-hulle het op die plaas een sak sout en 1 liter Karol een keer ʼn maand aan die diere voorsien en een Rumevite-blok vir 400 diere. Die Karol was kwansuis vir die parasiete en die Rumevite-blok dat die diere meer droë gras moet vreet.

Hoeveel van ons het met soortgelyke sienings van lekaanvulling grootgeword en pas dit nog steeds toe? Vroeër jare was die kosteknyptang ook daar, maar nie die helfte van wat dit vandag is nie. Ons markte was toegankliker met minder reëls en regulasies. Intussen het beheerliggame en wetstoepassers drasties verander en moes ons aanpas om met wêreldmarkte te kompeteer.

Tans het ons te kampe met ʼn baie lae kalfpersentasie en ‘n ondergemiddelde kalfspeenmassa in die land. Dit is een van die grootste oorsake van verarming op ons plase en waaraan die veeboer iets kan doen.

Hoe kan ek prakties my inkomste verbeter?

Kom ons kyk na goed wat saak maak om jou inkomste op die plaas te verbeter:

  • Selekteer deurgaans jou koeie om vrugbaarheid en volhoubare kondisie te handhaaf.
  • Koop net die beste bulle wat geselekteer is vir jou omstandighede en maak seker jy weet wat is die tekorte en negatiewe eienskappe in jou kudde. Stoettelers help graag.
  • Volg ‘n doeltreffende weidingbestuurstelsel.
  • Vernuwe jou denkwyse om meer kg vleis per ha te produseer
  • Wees meer betrokke by georganiseerde landbou wat die dinamika het om landbou vorentoe te vat en oor platforms vir kennisbemagtiging en inligting beskik.
  • Volg ʼn onderhoudsprogram om vrugbaarheid en verhoogde massa in kuddes te optimaliseer.Kom ons kyk ‘n bietjie wat in Namibië gebeur het ten opsigte van lekaanvulling. Een van die grootste probleme is die ongebalanseerde, ongepaste lek-aanwendings wat boere self op die plase meng. So het klipsout baie boere baie swak laat presteer en geld gekos. Te veel ureum kan weer ureumvergifting tot gevolg hê en wanneer dit by ʼn ongebalanseerde lek ingesluit word, word dit nie effektief deur mikro-organismes benut nie en is dit ʼn vermorsing van geld en tyd.Let ook op te veel kalsium, soos byvoorbeeld hoë kalkvlakke in die water en dele waar diere hoofsaaklik afhanklik is van bosmateriaal weens oorbeweiding.Moenie lekke met mekaar meng indien dit nie aanbeveel word nie. Dit is ‘n groot probleem.Voedingsbehoeftes van diere in die weste lyk anders as in die ooste as gevolg van verskille in voedingswaardes op natuurlike weiding wat ontleed word.-Voorbeelde van verkeerde boeremengsels
  • Voorbeelde van lekke wat ons by Feedmaster daagliks uit die veld kry en wat boere self meng, is:
  • Diere het verkillende behoeftes waarvoor verskillende produkte beskikbaar is. Hulle herstel ook nie in een jaar as hulle op ʼn swak onderhoudsprogram was nie.
  • Moenie onnodig te veel of te min proteïen of fosfaat in jou leksamestelling sit nie. Gee lekaanvulling op die regte tyd en vir die regte doel. Maak seker die lekke se innames is onder beheer en dat die verkeerde lek nie uitgesit word nie.
  • Mieliemeel in onderhoudslekke hou die diere by lekbakke in plaas daarvan dat hulle die weiding benut en stimuleer die verkeerde mikrobe-populasies in die rumen.

Boeremengsel 1

Kode

Bestanddele

%

Mengsel (kg)

-

Sout (GROF)

51.18

650

-

Kameelboompeule

27.56

350

-

Droëveldkonsentraat

11.81

150

-

Futterfos

9.45

120

TOTAAL

-

100.00

1 270

Die samestelling

Voedingstowwe

Eenhede

Minimum

Mengsel

Droë materiaal

g/kg

-

971.94

Vog

g/kg

-

51.37

ME -ruminant

MJ/kg

-

3.20

Verbyvloei-proteïen

g/kg

-

6.53

Ru-proteïen

g/kg

400.00

111.64

NPN

g/kg

-

10.06

Ureum

g/kg

-

17.13

Kalsium

g/kg

-

22.34

Sout

g/kg

-

511.81

Swael

g/kg

6.00

1.64

Fosfaat

g/kg

20.00

17.29

Vet

g/kg

-

13.05

VOLUME

NONE

100.00

100.00

Vesel

g/kg

-

93.65

Die proteïen-inhoud is slegs 11%. Dit sal veroorsaak dat vertering van weiding swak sal wees en nie voldoende in die dier se proteïen-behoefte voorsien word nie. Hierdie diere sal swak presteer.

Boeremengsel 2

Kode

Bestanddele

%

Mengsel (kg)

-

Sout (GROF)

53.57

750

-

Kameelpeule

28.57

400

-

Beesmix 4:1:5

14.29

200

-

Ureum

3.57

50

TOTAAL

-

100.00

1 400

Voedingstowwe

Eenhede

Minimum

Mengsel

Droë materiaal

g/kg

-

977.14

Vog

g/kg

-

46.67

ME -ruminant

MJ/kg

-

3.02

Verbyvloei-proteïen

g/kg

-

4.65

Ru-proteïen

g/kg

400.00

184.51

NPN

g/kg

-

16.43

Ureum

g/kg

-

35.71

Kalsium

g/kg

-

10.71

Sout

g/kg

-

535.71

Swael

g/kg

6.00

2.71

Fosfaat

g/kg

20.00

7.58

Vet

g/kg

-

11.47

VOLUME

NONE

100.00

100.00

Vesel

g/kg

-

92.97

In hierdie geval maak proteïen 18% van die mengsel uit, terwyl dit minstens tussen 27 en 40% moet wees. Fosfaat staan op 7,58 g/kg waar dit nader aan die 20 g/kg moet wees. Die verhouding tussen stikstof en swael is ook nie na wens nie. Dit moet nader aan 6 wees en nie 2 nie. Verder is dit belangrik om ureum (nie-proteïen stikstof) ekonomies om te skakel na mikrobe-proteïen – die vorm waarin die dier dit benut.

Geweldig baie van hierdie tipe mengsels word op plase vir diere gegee. Stuur die resepte van mengsels na Feedmaster om seker te maak dit is gebalanseerd. Dit sal prestasie verbeter en verseker dat jy nie onnodig geld in die water gooi nie (of is dit vanjaar geld in die stof gooi).

Kostebesparende voorstel

Om koste te verminder, het ons dit goedgedink om ʼn goedkoper lek (sub-optimaal) aan te beveel om boere te help om deur die droogtetydperk te kom. Wanneer klimaat en weiding na normaal terugkeer, moet boere weer terugskakel na hul voorgeskrewe lekke om die volle potensiaal van aanvulling te ontsluit.

Die voorstelle is vir onderskeidelik die westelike dele van die land en vir die sentrale, oostelike en noordelike dele.

Sentraal, Oos en Noord

-

Droogtevoorstel

Voorgeskrewe mengsel

Beesmix 4:1:5

150 kg

200 kg

Ureum

25 kg

50 kg

Sout

250 kg

250 kg

Kameelboompeule

100 kg

geen

Proteïen 27% Proteïen 40%

Fosfaat & 16 g/kg Fosfaat 20 g/kg

18% besparing

Koste N$1.21 per bees (Windhoek) teen 400 g/bees Koste N$1.43/375 g/bees

Westelike dele

Droogtevoorstel

Voorgeskrewe mengsel

Droëveldkonsentraat

50 kg

Grasveldkonsentraat

50 kg

Sout

50 kg

Sout

50 kg

-

-

-

-

Proteien

30%

Proteïen

30%

Fosfaat

15 g/kg

Fosfaat

12 g/kg

Koste/dag

N$1.12

Koste/dag

N$1.03

8% besparing

Droogtevoorstel

Voorgeskrewe mengsel

Grasveldkonsentraat

50 kg

Droëveldkonsentraat

50 kg

Sout

50 kg

Sout

50 kg

-

-

-

-

Proteïen

30%

Proteïen

30%

Fosfaat

12 g/kg

Fosfaat

15 g/kg

Koste/dag

N$1.03

Koste/dag

N$1.12

-

As boere grondstowwe het, soos kameelpeuldoringpeule, sal ons dit inwerk om verdere koste te bespaar

Ander maniere om lekkoste te bespaar, is:

  • Tussen 20 en 25 diere per lekbak (halwe oliedromme)
  • Meet innames per dier af sodat hulle net die aanbevole hoeveelheid inkry. Daar is nie ʼn beter metode om innames te beheer nie.
  • Moenie dat diere langer as een dag sonder lek staan nie.
  • Sorg vir skoon water elke dag.
  • Moenie klipsout saam met lek uitsit nie. Dit veroorsaak swak lekinname en swak prestasie.
  • Sorg dat lekbakke altyd skoon is en die lek nie muf of vrot in die bak nie.

Voordele van lek in ‘n neutedop

  • -Deur aan diere ʼn goeie onderhoudslek te gee, verhoog jy jou totale inkomste deur verhoogde vleisproduksie te bewerkstellig en vrugbaarheid te verbeter. Lekke is ʼn langtermyn-belegging en verandering is nie oornag sigbaar nie; dit kos tyd. Onthou, diere groei op hul beste wanneer hulle jonk is; dit is wanneer enige voer of lek op sy doeltreffendste werk. Benut die voordeel tot jou en die verbruiker se wins.-
  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article