Loading...

Enermol - Waarom Dit Jou Eerste Keuse As Molassemeel Moet Wees

Enermol - Waarom Dit Jou Eerste Keuse As Molassemeel Moet Wees.
Posted by on 10 July 2017 and filed under

Wat maak Enermol uniek en anders as ander energiebronne-?

Enermol is ‘n hoë gehalte energieproduk van Feedmaster en is saamgestel uit -± 70% koringsemels, ± 25% molassestroop en ʼn klein persentasie voerkalk. Koringsemels in die produk verskaf die nodige koolhidrate aan die herkouer, maar dit is heelwat veiliger as grane wat hoog is in stysel (bv. mieliemeel). Herkouers wat te veel grane vreet is geneig om lank by die voerkrip te lê omdat grasvertering nie optimaal is nie. Enermol stimuleer die ontwikkeling van die veselverterende mikrobe populasie wat nodig is om gras te verteer wat die hoof voedselbron van vryweidende herkouers op Namibiese veld is.

Enermol verskaf die noodsaaklike voedingstowwe aan die mikrobe populasie wat dan vermeerder en uitvloei na die laer spysverteringskanaal en as verbyvloeiproteïenbron vir die dier dien. Hierdie mikrobe-proteïen is die goedkoopste bron van proteïen wat diere kan benut en moet dus bevorder word. Enermol dra by tot ʼn gesonder rumen teenoor hoë graan- of stysel diëte wat dikwels tot asidose en permanente skade aan die rumenwand kan lei.

Die groot voordeel van Enermol is dat dit koringsemels as basis het. Navorsing het getoon dat koringsemels ʼn ideale mat in die rumen skep waaraan veselverterende mikrobes kan heg en vermeerder om die verteerbaarheid van weiding te bevorder. Hierdie bakterieë is die sleutel tot vinnige en doeltreffende vertering van weiding. Die mikrobes verhoog die verteringstempo wat lei tot verhoogde weidingsinname wat weer produksie vanaf die veld verhoog. Onthou, u wil maksimum weidingsinname verseker omdat dit die goedkoopste voerbron is en dus u as boer se kompeterende voordeel op die plaas is.

Koringsemels is relatief hoog in proteïen en fosfaat en is ʼn smaaklike en hoogs verteerbare grondstof. Enermol bevat 10% proteïen en ongeveer 4% meer natuurlike proteïen as enige opposisieproduk in sy klas. Dit verskaf die veselverterende mikro-organismes van aminosure, sodat die droë veld beter verteer kan word, veral in die droë wintermaande. Die proteïeninhoud van droë weiding daal meestal tot onder 5% wat kan lei tot ʼn primêre proteïentekort as dit nie aangevul word nie.

Behalwe proteïen, het Enermol molassestroop in, wat wel ook sekere vitamiene en spoorminerale bevat soos yster, kalsium, magnesium, vitamien B 6 en selenium. Spoorminerale speel ook ‘n rol in die produksie van gesonde vee. Marginale seleniumvlakke kan lei tot swak immuniteitstelsel, aborsies, swak lammers of kalwers by geboorte en nageboortes wat vas sit.

ʼn Verdere kenmerk van Enermol is dat dit vlugtige energie verskaf in die vorm van suikers, veral wanneer die energie in die weiding nie effektief ontsluit kan word a.g.v. swak vertering nie. Hierdie energie stel mikrobes in staat om aminosure in proteïen om te skakel. Enermol kan dan bygevoeg word saam met Droëveldkonsentraat, Beesmix 415 en Bosverteerkonsentraat om die energie te verhoog en ook om die smaaklikheid te verbeter indien ʼn produksielek benodig word.

Enermol bevat ook redelike hoë vlakke fosfaat wat bydra tot hoër kalfpersentasies en swaarder speenmassas.

Wat boere wel moet onthou is dat die koringsemels in Enermol die molassestroop absorbeer, wat die produk vinniger droër laat lyk. Die oomblik as dit egter in die rumen beland, los dit in die rumensap op en is dit dadelik beskikbaar vir die mikrobes. ʼn Verdere voordeel van Enermol is dat dit ʼn sagte klont vorm wat baie maklik tydens vermenging verbrokkel en die produk meng dus baie maklik, selfs met grawe.

Enermol as energiebron is dus die mees ideale molassemeel-en ‘n veelsydige produk wat gekombineer kan word met verskeie ander Feedmasterprodukte om in elke boer se behoefte te voorsien.

Die een aanbeveling is as energie-aanvulling teen 1% van liggaamsmassa per dier per dag na ‘n aanpassingsperiode van sewe dae vir byvoorbeeld ou maer koeie.

Die meer bekende opsie is om Enermol as 'n energiekomponent saam een van die volgende lekkonsentrate, Droëveldkonsentraat, Grasveldkonsentraat, Bosverteerkonsentraat of Beesmix 415 te vermeng om 'n produksielek te verky.

KoeiKalflek = 200kg Beesmix 415 + 50kg Ureum + 250kg Sout + 400kg Enermol

Produksielek vir Skaap = 100kg Droëveldkonsentraat + 150kg Rangeland Grower +-120kg Enermol + 100kg Sout

‘n Foto van veselverterende bakterieë in die rumen besig om graspartikels af te breek.--

Bacteria

Enermol produk:

Enermol-product

‘n Foto van beeste met energie en proteientekort

-18-Mei-

Vir alle lekaanbevelings, skakel gerus Feedmaster se tegniese adviseurs:

-Drikus Delport - Gobabis 081 125 6400 Frank Kanguatjivi --Windhoek 081 127 3029
-Christo van Zyl --Otjiwarongo 081 147 4199 Joubert de Wit --Keetmanshoop 081 128 1518
-Norbert Neumann - Windhoek 081 232 7027 Danie de Lange --Mariental 081 128 8713
-Hannes Koekemoer - sme 081 635 4061 - -
  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article