Namibiese veeprodusente werk onder uitdagende toestande waar reënval wisselvallig is, veldkwaliteit seisoenaal verander en jong diere dikwels aan voedings- en omgewings druk blootgestel word. Een van die belangrikste bestuurspraktyke om speengewigte te verhoog, speenskok te verminder en toekomstige produksie te verbeter, is die gebruik van kruipvoer (creep feeding) en behoorlike speenbestuur.
Feedmaster Namibia het ‘n produk genaamd Rumen Optimizer™ spesifiek ontwikkel vir Namibiese toestande om rumenontwikkeling te bevorder, speenskok te verminder en die groeipotensiaal van jong diere te beskerm. Wat is kruipvoer?
Kruipvoer is aanvullingsvoer wat uitsluitlik aan jong kalwers of lammers beskikbaar gestel word terwyl hulle nog saam met hul moeders loop. Die voer word in 'n kruiphok geplaas waar net die jong diere toegang het. Sien voorbeelde:
|
Die doel is om:
- Die ontwikkeling van die rumen te stimuleer.
- Groei te versnel.
- Speenskok te verminder.
- Druk op koeie en ooie te verminder.
- Druk op koeie en ooie te verminder.
Feedmaster se Rumen Optimizer en Veekos Kruipveekos is spesifiek ontwikkel vir hierdie doel en bevat hoë vlakke natuurlike proteïen, deurvloeiproteïen (bypass protein), energie, vitamiene en minerale.
Die voordele van kruipvoer
- Hoër speengewigte
Kalwers en lammers wat reeds aanvullende voeding ontvang, is minder afhanklik van melkvoeding.
Wanneer word kruipvoer die beste aangewend:
- As veldkwaliteit daal
- AS droogtetoestande voorkom,
- Of as die melkproduksie van die moeder afneem, kan kruipvoer die voedingsgaping vul.
Dit lei gewoonlik tot:
- swaarder speengewigte,
- beter raamontwikkeling,
- vinniger groei ná speen.
- Beter rumenontwikkeling
Een van die grootste voordele van Rumen Optimizer is die ontwikkeling van die rumenpapille. Feedmaster Rumen Optimizer bevat hoë energie- en deurvloeiproteïenfraksie wat die ontwikkeling van die rumen stimuleer, lei tot meer doeltreffende voeromset en vinniger groei.
Volgens Feedmaster navorsing wys kalfontwikkelingsprogram kan 'n goed ontwikkelde rumen aansienlik groter en meer funksioneel wees as dié van 'n kalf wat slegs op melk grootgemaak word. Die diere wat kruipvoer ontvang tegnies ‘n groter rumen oppervlak het as die wat geen aanvulling ontvang nie.
‘n Goed ontwikkelde rumen beteken:
- beter benutting van veld;
- vinniger aanpassing ná speen;
- beter voeromsetting;
- hoër toekomstige produksie.
- A.) Melk
- B.) Melk en Kruipvoer
- C.) Melk en Hooi
SKETS VAN N KALF SE RUMEN OM DIE EFFEK VAN KRUIPVOER TEN TOON TE STE
- Minder druk op koeie en ooie
Wanneer jong diere reeds van kruipvoer gebruik maak:
- word minder melk benodig;
- verloor koeie en ooie minder kondisie;
- verbeter herbesetting en konsepsiesyfers.
Feedmaster Rumen Optimizer kan die druk op koeie en ooie verminder en sodoende reproduksie verbeter.
- Verminder speenskok
Dit is waarskynlik die grootste voordeel.
Wanneer 'n kalf of lam reeds gewoond is aan sy omgewing en die voer/water bak kruipvoer ken, word die oorgang van melk na onafhanklike voeding baie makliker.
- Vinniger bemarkbaarheid
- kan vroeër verkoop word,
- bereik markgewigte vinniger;
- lewer beter opbrengs per hektaar.
Jong diere wat vroeër groei bereik:
Feedmaster beklemtoon dat beide Creep Feed en Rumen Optimizer gebruik kan word om diere vroeër markgereed te kry
Bestuur benodig
Kruiphokke moet naby die water punt opgeslaan of uitgesit word, Kruipvoer is ‘n roetine aksie en moet dus elke dag min of meer op die selfde tyd herhaal word om beste resultate te kry. Kruipvoer is semi- intensief en verg dus deeglike beplanning om sukses te bereik.
Waarom Rumen Optimizer uniek is vir Namibië
Feedmaster Rumen Optimizer is 'n 16% proteïenproduk met baie hoë vlakke natuurlike en deurvloeiproteïen wat spesifiek ontwerp is vir kruipvoeding van groot- en kleinvee.
Belangrike voordele:
- Hoë deurvloeiproteïen
- verbeter spierontwikkeling;
- ondersteun groei;
- verhoog melkproduksie by lakterende diere.
- Hoë energie
- absorpsie-oppervlak;
- voerbenutting;
- groeipotensiaal.
- Vitamien- en mineraalpakket
- sink,
- koper,
- selenium,
- mangaan,
- vitamine A.
- Ureumvry
Deurvloeiproteïen beweeg deur die rumen en word in die dunderm benut.
Energie stimuleer die ontwikkeling van rumenpapille. Hierdie papille verhoog:
Jong groeiende diere het hoë behoeftes aan:
Rumen Optimizer voorsien hierdie elemente.
Die produk bevat geen ureum nie en is veilig vir jong diere wanneer dit volgens aanbevelings gevoer word.
Hoe word speenskok verminder?
Speenskok ontstaan wanneer die jong dier gelyktydig moet aanpas by:
- verlies van melk;
- verlies van die moeder;
- nuwe omgewing;
- nuwe sosiale groep;
- nuwe kamp/pos
Dit veroorsaak:
- stres;
- verminderde veld inname;
- gewigsverlies;
- verhoogde siekte risiko.
Praktiese metodes om speenskok te verminder
- Vooraf-aanvulling
- Voorwaardelike speen
- Twee-fase speen
- Speen in bekende kampe
- Hou groepe bymekaar
- sorteer;
- verkoop;
- vervoer ná speen nie.
Moenie onmiddellik:
Hoe minder veranderinge, hoe minder stres.
Aanvulling na speen
Die eerste 30 dae na speen bepaal die sukses van die hele speenproses. Gedurende hierdie tydperk behoort diere:
- steeds dieselfde voer te ontvang;
- genoegsame proteïen te kry;
- genoeg energie te ontvang;
- toegang tot skoon vars en koel water te hê.
Die grootste fout wat produsente maak, is om aanvullings onmiddellik na speen te stop!
Bestuur van speenkalwers in die droë seisoen
Gedurende die droë seisoen daal:
- proteïenvlakke;
- verteerbaarheid;
- energie-inhoud van veld.
Speenkalwers benodig:
- Proteïen
- Energie
- Minerale
- gee ‘n Produksie of-Koei&kalflek om aan behoeftes te voldoen
- Rumen Optimizer tot 14 dae na speen dan verander na Produksie of-Koei&kalflek
Om rumenmikrobes aan die gang te hou asook is dit belangrik vir spier groei
Vir groei en liggaamsontwikkeling en metaboliese prosesse
Veral fosfaat en spoorelemente.
Praktiese aanbeveling:
Kalwers wat na speen kondisie verloor, neem maande om weer hul genetiese potensiaal te bereik. Dan praat ons nie eers van die ekonomiese verlies per kilogram nie.
Kalwers wat na speen kondisie verloor, neem maande om weer hul genetiese potensiaal te bereik. Dan praat ons nie eers van die ekonomiese verlies per kilogram nie.
Bestuur van speenlammers in die droë seisoen
Speenlammers is selfs meer sensitief as kalwers. Fokus op:
- hoë kwaliteit proteïen aanvulling;
- voldoende energie;
- voldoende energie;
Lammers behoort nooit op swak veld alleen gespeen te word nie. Kruipvoerprogramme behoort tot minstens 30 dae na speen voortgesit te word.
Sleutels tot maksimum gewigstoename
Vir speenkalwers én speenlammers:
- Begin kruipvoer vroeg.
- Ontwikkel die rumen voor speen.
- Speen geleidelik.
- Hou voer konstant voor en ná speen.
- Vermy veelvuldige stresfaktore.
- Verseker voldoende water.
- Beheer interne en eksterne parasiete.
- Hou groepe stabiele/selfde.
- Gebruik kwaliteit aanvullings wat vir Namibiese toestande ontwikkel is m.a.w. Feedmasterprodukte.
Ekonomie
| Produk | Hoeveel | Koste |
| Rumen Optimizer | 125kg per kalf | N$ 1,150.00 |
| Potensiële ekstra gewig | Prys by veilingshuis na aftrekkings | |
| 40kg | N$36.00/kg | N$ 1,440.00 |
| Verskil | N$ 290.00 |
Gevolgtrekking
Kruipvoer bly een van die mees winsgewende bestuursinstrumente wat 'n Namibiese produsent kan gebruik. Wanneer dit korrek toegepas word, verhoog dit speengewigte, verbeter rumenontwikkeling, verminder druk op koeie en ooie, en beperk speenskok aansienlik.
Produkte soos Rumen Optimizer™, wat spesifiek vir Namibiese toestande ontwikkel is, bied die kombinasie van energie, deurvloeiproteïen, vitamiene en minerale wat nodig is om jong diere se genetiese groeipotensiaal ten volle te benut. Die produsent wat speen as 'n proses bestuur en nie as 'n enkele gebeurtenis nie, sal konsekwent beter groei, hoër winsgewendheid en sterker vervangingsdiere hê.