
Weiveld aksies
Dit gaan nie anders op ‘n wildplaas, as op ‘n veeplaas nie. Die hoofdoel in droogtetye is om die vee of wild aan die lewe te hou sodat die kernkudde kan oorleef. Daar word nie van produksie gepraat nie, maar van oorlewing van die diere. Wat is die strategie daarna sodra die eerste reëndruppels geval het? Die fokus moet op die natuurlike hulpbron wees, hoe moeilik dit ook al is. Dit is nie wat ons op die bogrond sien waaraan ons aandag moet gee nie, maar dit wat onder die grond is, naamlik die wortels van die plante en die grond oppervlakte. Indien daar tekens is van polveld wat oorgebly het, is dit juis die polveld waaraan ons aandag moet gee. As daar baie min tekens van polveld is, kan ons aanneem dat daar oorwegend eenjarige weiding sal wees met die eerste reën. Die groeisiklus sal aangehelp word met die reën, want daar is nie gestoorde voedingsreserwes beskikbaar nie. In teenstelling kan meerjarige polveld uit sy eie reserwes, wat gestoor word in die wortels, sy groeisiklus hervat. Koolhidrate word in die verloop van die groeisiklus gedurende die nat seisoen gestoor in die wortels, wat dan die reserves vir die plant gee tydens a) hergroei na beweiding en b)hergroei na ‘n droë periode.
Navorsing deur Prof. H.Snyman het bewys dat lang periodes van watertekorte vir die meerjarige grasplant die hoofrede is vir die verkleining van die wortelstelsel wat dus hergroei en oorlewing van die grasse drasties benadeel. Oordeelkundige rus na droogte periodes is dus van uiterste belang.
Dit is juis as gevolg van daardie navorsingsresultate dat die fokus op die natuurlike hulpbron moet wees om dit kans te gee om te herstel. Wisselweiding in ‘n wildkamp is seker nie die maklikste bestuurspraktyk nie, dus moet daar sterk klem gelê word op dieregetalle om aante- pas by die kapasiteit van die omgewing.
Voer van wild tydens droogtetoestande
Behou kondisie van diere
Dit is seker dié aspek wat die meeste verwaarloos word. Van Hoven (2010, pp 347-350) lê die klem daarop dat nie genoegsame voer die mees belangrikste oorsaak vir wildvrektes is.Vir die oorlewing van diere is dit veral vesel, proteïene, koolhidrate, vette en water wat baie belangrik is.
Sodra wild kondisie begin verloor, is daar reeds ‘n 1-2 maande agterstand wat ontstaan het. Dit moet weer opgevang word. Die beskikbaarheid van voer en gras is op hierdie stadium van uiterste belang. Doen gereëlde inspeksies van die kondisie by wild.
Bogenoemde kan vergelyk word met ‘n voertuig wat berg-op ry. Vroegtydige oorskakeling na ‘n laer rat maak die klim aksie van die voertuig soveel makliker. Indien daar te laat oorgeskakel word, verloor die voertuig sy momentum, vat dit langer om bo te kom.
Reguleer wildgetalle van die begin
In ‘n omgewing waar wild in wildskampe gehou word en aanhoudende beweiding toegepas word, is die regulering van dieregetalle van kardinale belang. Hoekom? Die voorraad op die veld en die samestelling daarvan kan net aantal diere voed vir onderhoud en produksie. Klein kampies vir wild is ‘n kunsmatige geskepte omgewing, omdat dit nie in die natuur voorkom nie. Die weiding is gedurig onder druk, om nie eers te praat tydens droogtes nie. Laasgenoemde het dan ‘n negatiewe effek op die kondisie van die wild. In die literatuur word aanbeveel dat die totale veebelading wat vir die veld bereken word in grootvee eenhede (GVE), met nog 30% verminder word by wildboerdery. Die rede is veral die beperkte bewegingsruimte en selektiewe weipatrone en gebiedsgebondenheid van wild, aldus van Hoven (2010). Die mening deur ‘n plaaslike wildboer word uitgespreek dat dit eintlik 50% moet wees sodra jy in die westelike gedeeltes van ons land jou bevind. ‘n Belading van 35-38kg/ha is dus net te hoog.
‘n Verdere aspek is die onderverdeling van wild teen opsigte van sy weipatroon. (Van Oudtshoorn (2015)
- Swak selektiewe grasvreters: Zebra, Seekoeie, Wit renoster, Buffel
- Intensiewe selektiewe grasvreters: Blesbok, Swart wildebees, Gemsbok, Rooi lechwe, Roan, Sable, Tessebe en Waterbok
- Gras- en blaarvreters: Impala, Eland, Koedoe, Rooi hartebees en Springbok
- Blaarvreters: Swart renoster, Blou duiker, Duiker, Damara dik-dik, Kameelperd en Steenbok
Die omgewing moet in ag geneem word met die aanhouding van sekere spesies, aldus moet ‘n uitgewerkte voedingsprogram saamgestel word.
Voermeester produkte vir wildboerdery (lusern gebaseerde produkte sonder ureum)
Lusern korrel – droogte voer wat gevoer kan word teen 1-3% van liggaamsmassa afhangende van die omvang van die droogte.
Wild korrel (standard game pellet) – aanvulling vir wild met 13% proteïene
Stoetwildskorrels (Stud game pellets) – ontwikkel vir stoetwild in klein kampies met 16.5% proteïene, goeie bron van verbyvloei proteïene vir jong diere en lakterende vroulike diere
Wild-& Perdelek (Game & Equine Lick) – Proteïen en minerale aanvulling op die veld
Futterfos P6 – mineraal lek aanvulling tydens die nat seisoen met ‘n verhouding van 1:1 vir fosfaat en kalsium, veral goed met kalkagtige grond.
Wildsblok (NUUT) – met ‘n 15% proteïen inhoud. Kan ook vir perde gegee word.
Bestuur
Wild wat vrek in wildskampe is grotendeels ‘n bestuursprobleem; verkeerde besluite in vroegtydige vermindering van getalle, onvoldoende voedingsprogram, aanhou van verkeerde wildspesie, ens. ‘n Ander aspek is die ouderdom van die wild. Dit is moeilik en ekonomies duur om te sien wat in die bek van wild aangaan in teenstelling met beeste of kleinvee. Daar gaan ouer diere vrek wat nie meer kan vreet nie, veral by die hoofwild soort in die wildkamp, want dié diere het ‘n ander finansiële waarde as normale vlaktewild wat in die omgewing aangetref word en word die lewenstydperk van sulke diere uitgerek.
Hierdie aspek is nou verbind aan die doelstelling van die wildskamp en die aantal diere wat aangehou en of verminder moet word.
Eenvoudige wisselweidingstegnieke kan gevolg word deur water op ‘n wisselende wyse oop te maak. Dit is egter slegs moontlik waar die wildkampe 4000ha en groter is. Op so ‘n wyse kan daar ‘n mate van rusperiodes vir die veld ingestel word. Alternatiewelik kan spaar kampe, waar moontlik, ontwikkel word.
Die natuurlike hulpbron wat benut word deur wild is dieselfde as wat gebruik word vir vee. Die grond is die bron van minerale vir die plantegroei en verskil nie wat die vee gevreet het nie. Dit is dus noodsaaklik dat wild ook aan ‘n lek of voedingsprogram onderwerp word.
Ek sluit af met die volgende:
“The future is not the past again.”
Literatuur verwysing:
Du P Bothma, J. & du Toit, J.G. (edited) (2010) Game Ranch Management. Van Schaik Publishers
MAWF, (2006) Spotlight on Agriculture # 100. Directorate Research and Training
Van Oudtshoorn, F. (2015) Veld Management principles and Practices.