Grade A0 29/06 - 75.00 / 22/06 - 75.00 (0.0%) Grade A1 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade A2 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade A3 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade A4 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade A5 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 (0.0%) Grade A6 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 (0.0%) Grade AB0 29/06 - 75.00 / 22/06 - 75.00 (0.0%) Grade AB1 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade AB2 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade AB3 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade AB4 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade AB5 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 (0.0%) Grade AB6 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 (0.0%) Grade B0 29/06 - 75.00 / 22/06 - 75.00 (0.0%) Grade B1 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade B2 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade B3 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade B4 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 (0.0%) Grade B5 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 (0.0%) Grade B6 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 (0.0%) Grade C0 29/06 - 70.00 / 22/06 - 70.00 (0.0%) Grade C1 29/06 - 74.00 / 22/06 - 74.00 (0.0%) Grade C2 29/06 - 74.00 / 22/06 - 74.00 (0.0%) Grade C3 29/06 - 74.00 / 22/06 - 74.00 (0.0%) Grade C4 29/06 - 74.00 / 22/06 - 74.00 (0.0%) Grade C5 29/06 - 70.00 / 22/06 - 70.00 (0.0%) Grade C6 29/06 - 70.00 / 22/06 - 70.00 (0.0%) Grade A439.69 25/01 - 39.00 Grade A0 29/06 - 75.00 / 22/06 - 75.00 0.0% Grade A1 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade A2 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade A3 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade A4 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade A5 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 0.0% Grade A6 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 0.0% Grade AB0 29/06 - 75.00 / 22/06 - 75.00 0.0% Grade AB1 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade AB2 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade AB3 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade AB4 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade AB5 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 0.0% Grade AB6 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 0.0% Grade B0 29/06 - 75.00 / 22/06 - 75.00 0.0% Grade B1 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade B2 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade B3 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade B4 29/06 - 78.00 / 22/06 - 78.00 0.0% Grade B5 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 0.0% Grade B6 29/06 - 76.00 / 22/06 - 76.00 0.0% Grade C0 29/06 - 70.00 / 22/06 - 70.00 0.0% Grade C1 29/06 - 74.00 / 22/06 - 74.00 0.0% Grade C2 29/06 - 74.00 / 22/06 - 74.00 0.0% Grade C3 29/06 - 74.00 / 22/06 - 74.00 0.0% Grade C4 29/06 - 74.00 / 22/06 - 74.00 0.0% Grade C5 29/06 - 70.00 / 22/06 - 70.00 0.0% Grade C6 29/06 - 70.00 / 22/06 - 70.00 0.0% Grade A439.69 25/01 - 39.00
Die Versorging en Uitgroei van jong Skaap- en Bokooie

Jaarlikse ramaankope, ooiseleksie en die versorging en seleksie van jong ooie verseker genetiese vordering!

Die jong ooie of vervangingsootjies dra by tot die genetiese vordering of verbetering in die kudde en verhoed dat die ooitrop se gemiddelde ouderdom nie te hoog raak nie. Dit word gedoen deur al die ooie wat deur die jaar op grond van ouderdom, swak produksie en lae reproduksie uitgeskot word, te vervang met beter jong ooie.

Navorsing bevestig wat produsente oor die jare ervaar:
Ooitjies wat gedurende die eerste 2 maande na geboorte goed gegroei het, presteer baie beter oor die res van hul reproduktiewe lewe teenoor die ooitjies wat swaar groot geword het, al het hulle later die beste behandeling en voeding gekry.

Waar begin die versorging van die ooilam

Matige of volhoubare bestokking verseker dat moeders te alle tye genoeg kos het vir reproduksie, biesmelk- en melkproduksie wat bepalend is vir optimale groei van lammers en die beste herbesetting van ooie.

Kruipvoeding vir troppe waaruit ooilammers vir vervanging selekteer gaan word, verseker die bes moontlike toekomstige prestasie van die ooitjies. Verder kan ooilammers gespeen word sonder speenskok en met die regte lekaanvulling gehelp word om goed uit te groei.

Moenie jong ooitjies te vroeg paar wat vir die volgende 6 jaar se produksie op die plaas verantwoordelik is nie. Maak seker die ooie is fisiologies volwasse om hul eerste lammers suksesvol groot te maak sonder om die volgende seisoen oor te slaan. ‘n Algemene riglyn is om jong ooie te paar op ‘n minimum lewende massa van 40kg.

Speen jong ooie, hou apart in ‘n kamp en ondersteun met die regte lekaanvulling tot na hul lammers gespeen is. Na die tweede paarseisoen kan die ooie by ander troppe ingedeel word. Dit is raadsaam om jong ooie se lammers met kruipvoer te help tot 90 dae na geboorte.

Ramlammers moet kastreer word vóór 3 maande ouderdom!

Ramaankope en ooiseleksie verseker die produksie van beter jong ooitjies en slaglammers.

Diereproduksie = 30% Genetika/Seleksie/Ramaankope + 70% boerdery omstandighede/bestuur/voeding/reën

Die geheim van ooilammers se lewenslange goeie prestasie lê in matige groei vanaf geboorte tot ná haar eerste lam en in hierdie tyd moet sy nooit kondisie verloor nie. Die riglyn van ‘n groeitempo van 80 – 100g/dag of 3kg/ooi/maand is maklik haalbaar.