Loading...

“We have always done it that way.”

lambs
Posted by on 3 August 2022 and filed under

Hierdie is woorde wat mens aan die dink sit, en indien nie, dink weer daaroor!

Navorsing se primêre doel is om nuwe omgewings- en produksieaspekte op die voorgrond te plaas. Praktyke en benaderings wat fokus op groei(kg), produksie (weiveld), effektiwiteit, innovering, vernuwing en volhoubaarheid, om ‘n paar te noem. Navorsing lewer ‘n besondere inset aan die landbouer. Die onderstaande aspek kom ook uit die navorsing, nie nuut nie, maar vandag nog relevant.

Groei en voer omset effektiwiteit van jong diere.

Prestasie van die boerdery word gemeet aan produksie (groei by diere) en reproduksie (vermeerdering) binne die volhoubare bestuur van die natuurlike hulpbronne. Met die klem op kleinvee, het lammers die vermoë om effektiewer te groei weens die voer omset effektiwiteit of verhouding op ‘n jong ouderdom.

Die effek van ouderdom en voer omset verhouding (Coetzee, 2020 verwys na Vosloo, 1982)

Ouderdom (dae) Gewig (kg) Voer : vleis (kg/kg)
0 – 42 4.5 – 15 1:1
42 – 60 15 – 20 3:1
60 – 80 20 – 25 3.5:1
80 – 100 25 – 30 4:1
100 - 120 30 – 35 4.5:1

Met die swakker melkproduksie van die ooi vanaf 3-4 weke na lam, is dit belangrik dat die lam genoegsame voeding ontvang om vir daardie tekorte op te maak. In ‘n “oppas” stelsel waar die ooie saam met lammers in die veld loop, sal die lam op groen veld sowel as droë veld nie die ruvoer effektief kan verteer nie weens die onderontwikkelde rumen. Op hierdie stadium kan veldweiding nie aan die voedingsbehoeftes van die lam voorsien nie. Hierdie periode van te korte moet met kruipvoeding aangevul word. Die doel van die kruipvoeding is om stysel te verskaf wat help met die papilla ontwikkeling van die rumen.

Inname en gewigte van lammers op kruipvoer (ad lib) (Coetzee, 2002 verwys na De Villiers et al. 2002) verkorte tabel.

Ouderdom (dae) Kruipvoeding (g/lam/dag) Lam gewig (kg) Voer inname /kg gewig (g)
28 37 9.3 3.98
35 88 12.2 7.21
56 281 16.9 16.63
70 596 21.2 28.11
84 625 24.5 25.51

Waar lê die voordeel van die kruipvoeding vir die kleinvee vertakking? (Enkele punte)

  • Markklaar lammers op ‘n vroeër ouderdom
    Lammers op kruipvoer kan tussen 10-20% swaarder speen. In gewig word daar gepraat van 6-10kg.
  • Direkte bemarking
    Lammers kan direk van die ooi af bemark word op ‘n ouderdom van 3-4 maande na gelang van markaanvraag.
  • Verlaagde speenskok
    Lammers vreet meer selfstandig en is minder afhanklik van die ooi. Minder voedingsdruk op die ooi wat kondisie van die ooi bevorder.
  • Verlaag voerkoste
    Voeding vir die lam is minder as dié vir die ooi.
  • Deurgaans beter vrugbaarheid
    Ooilammers wat ‘n goeie voedingspeil op ‘n jong ouderdom gehad het, se ovulasie is optimaal en dus ook geneig is om meer lammers gedurende haar leeftyd te gee. Hier is die effek van kruipvoeding eers later sigbaar.

Terugvoer van boere:

Conny; ‘n Boerbok teler wat glo aan kruipvoer. Sy gebruik slegs Feedmaster se Ram-lam-en- ooi produk. Lammers kry dit van 3 weke tot 3 maande ouderdom. Die lammers van twee maande ouderdom gaan saam met die ooie veld toe, plus kruipvoer. Lammers bereik ‘n gewig van 16kg in 6 weke. Die ooie kry deurgaans Bosverteerlek. Ooie het goeie melk en wys ‘n hoë vrugbaarheid met ‘n speenpersentasie wat tans 180% is.

Mareike; ‘n Jong boer in wording het hierdie jaar begin met kruipvoeding, met Feedmaster se Kruipvoerkorrel. ‘n Selfvoeder is opgesit sodat die lammers vrye toegang het tot die kruipvoer. Lammers het baie vining geleer om deur die kruiphek te kom en storm behoorlik die korrels as die ooie die kraal verlaat om te gaan wei. Daar word elke 14 dae geweeg om die groei van die lammers aan te teken. Omrede dit nou eers ‘n toetsfase was, sal bestuurspraktyk aanpassings nog gemaak word. Lammers neem in gewig toe tussen 170g en 290g per dag. Seleksie van die ooie en of lammers uit die gemete gegewens is van groot waarde. Die skape bestaan uit ‘n kruising van Damara, Van Rooy en Veldmasters. Daar is ook Boerbokke.

Bernard; Gemengde boerdery. Gebruik Feedmaster se Kruipvoerkorreld vir sy Dorpers. Sy doelwit is ook om die druk van die weiding af te haal en om speenskok te verminder. Hy behaal baie goeie groei op sy lammers. Die speen tydperk is van 3-4 maande. Die 4 maande periode is tans onder bespreking. Lammers van 4 maande bereik ‘n massa van tot 38kg.

Gregor; Ook ‘n boer met groen vingers. Gregor is in ‘n situasie geplaas waar kleinvee verminder moes word, ook met die doel om ‘n goeie lam so vroeg as moontlik van die plaas af te bemark. Met advies, is kruipvoeding ingestel en die resultate is bevredigend. Met ‘n Van Rooy/Damara kruising skaap het die daaglikse groei van lammers oor ‘n periode van 59 dae van 207g tot 250g/dag toegeneem. Lammers het tans ‘n gewig van 16kg oor 59 dae.

Summary and conclusion

The growth potential of lambs is utilised to its full potential using creep feeding for lambs. The potential of creep feeding benefits both the lamb and the ewe. Success in creep feeding is connected and will depend on several farming aspects such as animal health, infrastructure, and husbandry practices, to mention a few.

Changing the farming practices to implement creep feeding will require a refocus from a cost focal point to a result focal point.

Literatuurverwysing:

Coetzee, J. 2020. A guide to profitable sheep farming. Plaas Media, Lyttelton, Suid Afrika.

Boere: Conny, Mareike, Bernard en Gregor.

Verdere materiaal: https://bit.ly/FeedmasterVoeding

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article