Loading...

Blog - "Lourens Swart"

Posted by Lourens Swart on 1 Sep 2015
VOORWOORD Knap weidingbestuur en noukeurige rekordhouding het opgeval toe die Feedmaster-suksesverhaalspan Junior Versfeld op 1 September op sy plaas Devonby suidoos van Gobabis besoek het. Dié Braunvieh-teler en osprodusent se passie vir weidingbestuur – ook sy vakgebied – het opgeval. Verwysings na vandag se baie uitdagings is ook gemaak. “Boerdery is nie vir sissies nie. Dit verg dag-tot-dag besluitneming en aanpassing. Soms moet ’n mens vyf jaar lank wag om die sukses van ’n besluit te smaak, soos byvoorbeeld ’n sigbare verskil wat ’n paringskeuse in jou stoet maak. En die grootste ramp… Read More
Posted by Lourens Swart on 1 Feb 2015
VOORWOORD ’n Slim plan wat uit droogtenood gebore is en vandag vir ’n bykomende inkomste sorg, is een van die bestanddele van suksesvolle boerdery op die Feedmaster-span se jongste roete – hierdie keer na die Von Dewitze op die plaas Spes Bona in die Hochfeld-omgewing. Meer verrassings het gewag: die Von Dewitz-familiestamboom wat sedert 1212 bygehou word – ’n raps meer as 800 jaar – en die klim teen twee steil, regop stelle houttrappe deur twee nou luike om van bo uit die toring ’n oog oor boerdery-aktiwiteite rondom die opstal te gooi. Ook oor die geploegde 16 ha wat begin Februarie nog… Read More