Loading...

Daar Is Plek Vir Kruipvoeding Van Kalwers

Daar Is Plek Vir Kruipvoeding Van Kalwers
Posted by on 28 May 2020 and filed under

Kruipvoeding is nie ‘n nuwe konsep nie. Die konsep is al reeds vir baie jare bekend, maar word dit nie baie wyd in Namibie aangewend nie. Die benadering om kruipvoeding toe te pas moet reg wees en moet daar na sekere aspekte gekyk word om te verseker dat positiewe resultate verkry word, want dit is wat die boer soek. Niemand wil verliese maak in so ‘n oefening nie. Daarom is dit belangrik om na ‘n paar aspekte te kyk en dit is juis hier waar Voermeester hul ervaring met die boere wil deel.

Wanneer moet jy kruipvoeding oorweeg? Dit sal afhang van die doel van die kruipvoeding; hetsy vir die doel om die kalf gewig aan te sit of om die koeie en eerste kalf koeie die voordeel te gee. Eerste-kalf koeie met ontoereikende melkproduksie of ouer koeie met verlaagde melkproduksie sal ook die voordeel kan benut waar grooter kalwers minder melk vat by die koei.

Die bereiking van die produksie doel is baie belangrik- om nie verkeerde gevolgtrekkings van die kruiphoek stelsel te maak nie. Daarbenewens sal die heersende speenkalfpryse ook ‘n baie belangrike rol speel. Indien pryse goed is, bv. bo N$ 30.00/lewende kilogram is, sal so ‘n oefening vir speenkalwers die moeite werd wees, indien hulle verkoop word. --

Die aanvanklike kruipvoeding toetse wat Voermeester in 2016 begin het, het die volgende belangrike punte uitgewys:-

Met die eerste kruipvoeding toets het die toets begin toe daar nog goeie kwaliteit weiding beskikbaar was (Februarie/ Maart), dus somerkalwers. Die effek van die goeie weiding lê in die melkproduksie van die koei wat in die totale voedingsbehoefte van die jong kalf kan voorsien. Die tweede toetsing het dus in Oktober 2016 begin, dus winterkalwers.

Kalwers was te jonk. Van die kalwers was 1½-2 maande oud. Dit is te jonk en behoort kalwers eers van 3½ maande ouderdom kruipvoeding te ontvang, wanneer die koei se melkproduksie afneem en die kalf nie sy totale voedingsbehoefte kan bevredig nie veral op droë weiding.

Die aanvanklike kruipvoeding wat gebruik is, het tekort geskiet aan die hoeveelheid deurvloeiproteïen en energie. Voermeester het ‘n nuwe samestelling ontwikkel, Rumen Optimizer wat die tekorte aangespreek het. Energie is van 9.8 MJ ME na 11 MJ MEverhoog. Dit was dan ook die aanbeveling van Dr Jasper Coetzee wat gesê het dat die energie baie belangrik is. Daarbenewens is hoër vlakke van stysel nodig want dit is stysel en nie ruvoer wat die papillae ontwikkeling aandryf.

Voerinname was beperk tot 1 kg/kalf/dag wat nie die gewensde groei getoon het nie. Tydens die tweede toets is begin met ‘n voerbeskikbaarheid van 1.6kg/kalf/dag wat later verhoog is na 3.3kg/kalf/dag (1.5% van liggaamsmassa). Belangrik hier is die afweeg van die voer. Op die plaas word daar maklik geskat wat die gewig sal wees van die voer in die emmer en is dit hier waar die verlies begin. 1% van lewendige massa behoort die begin uitgangspunt te wees, maksimum van 1.5%.

Verseker genoeg vreetspasie vir kalwers (20cm/kalf) want die kompetisie effek speel ‘n groot rol by inname van die voer. Meer voerbakke is uitgesit namate die kalwers groter geword het.

Voerbak konstruksie moet so wees dat vermorsing van voer minimaal is. ‘n Oop voerbak met ‘n horisontale skofreling of vertikale skorte, wat verhoed dat die kalf sy nek kan draai, is belangrik en sal vermorsing verminder. Dit was in die geval van Rangeland Grower wat in ‘n meel vorm was. Korrelprodukte behoort beter te vaar.

Geen onderskeid is gemaak by die koeie nie. Eerste-kalf sowel as ouer koeie is gebruik in die toets. Die doel van die kruipvoeding op ‘n plaas sal hier die samestelling bepaal.- -

Die winsgewendheid van enige kruipvoeding word bepaal deur omgewingtoestande, verwysend na goeie of swak veld en droogte toestande. Swakker jare bied minder kwaliteit weiding en sal kruipvoeding ‘n beter effek hê. Goeie weiding lewer goeie melkproduksie wat tot voordeel van die kalf is. Die somer kruipvoeding toets het maar maksimum 20kg gewigstoename getoon, wat nie winsgewend was nie. Die heersende speenkalf pryse en die voerpryse (mielieprys) veral in ‘n droogte jaar, speel ook ‘n deurslaggewende rol. Die voordeel van kruipvoeding in droogte jare, is dat die kalwers vroeër op 5-6 maande gespeen kan word om die koeikudde te spaar en dié deur te trek deur die seisoen. By die tweede kruipvoertoets het die kalwers hulle feitlik self gespeen van die koeie.

Kruipvoeding resultate te Autabib

  • Periode: 20 Oktober tot 25 Januarie; 89 dae uitgesluit die aanpassingsperiode van 7 dae. Rastipe was Beefmasters.
  • Voer:-Voermeester Rumen Optimizer (meel)

Tabel 1: Kalwers (15) in kontrole groep (gemiddelde syfer)

Kalwers Kalwers begin massa (kg) Kalwers eind massa (kg) Massa verskill GDT* (kg) oor 89 dae
Verse 136.2 181.3 45.1 0.51
Tollies 140.5 186.9 46.4 0.52

*Gemiddelde daglikse toename van die groep diere

Tabel 2: Kalwers (15) in kruipvoer groep (gemiddelde syfer)

Kalwers Kalwers begin massa (kg) Kalwers -eind massa (kg) Massa verskill GDT*(kg) oor 89 dae
Verse 153.7 232.6 78.9 0.88
Tollies 168.9 249.8 80.9 0.91

Tabel 3: Kosteberekening van kontrole groep

Groep tipe Gemid. voer gevreet/ kalf/dag(kg) # Voer kostes/ kg voer (N$) Koste per kalf/ dag (N$) Voer koste/ kalf oor periode Vleis prys(Jan 2017) Gemid. kilogram vleis aan- gesit (kg) Waarde van dier N$
Verse geen Geen geen geen 22.35 45.1 1007.98
Tollies geen Geen geen geen 22.35 46.4 1037.04

-

Tabel 4: Kosteberekening van kruipvoer groep

Groep tipe Gemid. voer gevreet/ kalf/dag(kg) # Voer kostes/ kg voer (N$)-excl. VAT Koste per kalf/ dag (N$) Voer koste/ kalf oor periode Vleis prys(Jan 2017) Gemid. kilogram vleis aan- gesit (kg) Waarde van dier N$ Bruto wins- N$
Verse 2.02 3.81 7.69 684.41 22.35 78.9 1763.42 1079.01-----------------------------------
Tollies 2.02 3.81 7.69 684.41 22.35 80.9 1808.12 1123.71

Nota:-Totale voer verbruik was 2700kg oor die toets periode.

# Slegs voerkostes. Geen ander bedryfskostes is bygereken nie soos vervoer kostes na en op die plaas sowel as arbied kostes nie en andere. Voer van diere na aan die opstal sal kostes laag hou omdat elke dag nuwe voer uitgesit moet word. ---

Tabel 5: Vergelyking tussen verskillende pryse (N$)

Groep tipe Gemid. voer gevreet/ kalf/dag(kg) # Voer kostes/ kg voer (N$)-excl. VAT Koste per kalf/ dag (N$) Voer koste/ kalf oor periode Vleis prys(Jan 2017) Gemid. kilogram vleis aan gesit (kg) Waarde van dier N$ Bruto wins/ kalf(N$)
Tollies 2.02 3.81 7.69 684.41 22.35 80.9 1808.12 1123.71
Tollies 2.02 4.19 8.50 756.50 22.35 80.9 1808.12 1051.62
Tollies 2.02 4.19 8.50 756.50 32.00 80.9 2588.80 1832.30

FEEDMASTER RUMEN OPTIMIZER IS TANS BESKIKBAAR IN ‘N KORREL BY ALLE HANDELAARS.

Verwysings

Dr Jasper Coetzee, 2016. -Persoonlike kommunikasie. Kommentaar en aanbevelings oor kruipvoertoetse met vleisbeeste met verwysing na die Voermeester toetse.

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article