Loading...

Blog

Posted by Lourens Swart on 1 Sep 2015
VOORWOORD Knap weidingbestuur en noukeurige rekordhouding het opgeval toe die Feedmaster-suksesverhaalspan Junior Versfeld op 1 September op sy plaas Devonby suidoos van Gobabis besoek het. Dié Braunvieh-teler en osprodusent se passie vir weidingbestuur – ook sy vakgebied – het opgeval. Verwysings na vandag se baie uitdagings is ook gemaak. “Boerdery is nie vir sissies nie. Dit verg dag-tot-dag besluitneming en aanpassing. Soms moet ’n mens vyf jaar lank wag om die sukses van ’n besluit te smaak, soos byvoorbeeld ’n sigbare verskil wat ’n paringskeuse in jou stoet maak. En die grootste ramp… Read More
Posted by Dala du Plessis on 1 Aug 2015
VOORWOORD Die steeds groeiende eierbedryf in die land het die Feedmaster-suksesverhaalspan hierdie keer gelei na een van die oudste hoenderboerderye in die land – Wentscher Poultry Farm. Dié familiesaak brei al die afgelope 45 jaar uit en steeds is dit nie die einde nie met nog ’n hoenderhuis wat in die vooruitsig gestel word. In totaal word 50 000 lêhenne tans in die agt hoenderhuise gehuisves op die twee kleinhoewes, Wanscha en LM, buite Okahandja. Van die hoendermis word twintig ton kompos maandeliks vervaardig. Marietjie van Staden van-Agriforum-en voedingkundige Dala du Plessis het die… Read More
Posted by Christo du Plessis on 1 Jul 2015
VOORWOORD- Wat ’n belewenis om op een dag ’n vol benutte vleiswaardeketting te beleef! Die Beefcor-gesinsaak van die Du Rands van Okahandja het dit vir die Feedmaster-Suksesverhaal moontlik gemaak om die skakels in die ketting gade te slaan.- Eers is aangedoen op die plaas Okatjetswambo van Coen en Lida Prinsloo in die Hochfeld-omgewing waar ’n voerkraal met ’n staankapasiteit vir 800 beeste bedryf word en veldafronding vir die nuwe abattoir op Okahandja eersdaags ook gaan volg.- Coen bestuur die plaas en voerkraal. Sy kennis as eertydse voorligtingsbeampte en akkerbouer kom handig te pas… Read More
Posted by Christo du Plessis on 1 Jun 2015
VOORWOORD ’n Dag is ver te min om die baie aktiwiteite van die Otjiwa-wildoord digby Otjiwarongo gade te slaan en in een artikel vas te vang. Hier gebeur eenvoudig te veel. Dit kan jy duidelik sien in die haastige gang van uitskieter-wildboer WP Barnard en sy vrou, Julandi. Wildteling, trofeejag, die deurlopende verfyning van infrastruktuur, ontbossing, die sny van gras en die bestuur van ’n groot gastebedryf hou die egpaar en hul personeelkorps van 63 op hul tone. Maar so tussendeur die baie ry en kyk om ’n effense idee van die spog-infrastruktuur en die baie aktiwiteite te kry, is ook… Read More
Posted by Christo du Plessis on 1 May 2015
VOORWOORD Brahman-teler Ernst Groenewaldt draai nie doekies om nie, sal dié sê wat hom ken. Hy is trots Baster en beskou met reg sy volk se ryk kultuurerfenis as een van sy kosbaarste nalatenskappe. Tog onthou hy nog sy loopbaandae in die polisie en later die nasionale verkeersafdeling toe apartheid ook in koffiebekers geskuil het. Kom dit by die toekoms van boerdery in die land, het hy ’n boodskap vir die nuwe leiers van die dag. “Ons sukses hang af van die regering se benadering en houding. Ek persoonlik glo ons regering is nie landboukundig nie, maar skep wel ’n omgewing waarin ons goed… Read More