Loading...

Blog - "Nutrition"

Posted by Drikus Delport on 28 Feb 2019
Inleiding In vandag se boerdery milieu het ons verskeie uitdagings soos droogte, prysverhogings, markpryse en roofdiere om maar ‘n paar te noem. In die beplanning van ‘n boerdery onderneming is die volgende komponente belangrik tot die welvaart van die boerdery: Die doel van die boerdery en daarmee saam die gedefineerde doelwitte vir die boerdery en persoonlike doelwitte, bemarking van jou diere, teelbeleid, voedings- en dieregesonheidsprogramme vorm ‘n geheel. In hierdie artikel fokus ons op teelbeleid, voeding en bemarking van diere. Teelbeleid Die beleid waarvolgens enige boer teel moet… Read More
Posted by Danie de Lange on 20 Aug 2018
Vrae wat gereeld oor Melkproduksie van Boerbokke gevra word 1. Hoekom is dit belangrik dat ons oor die melkproduksie van bokooie moet praat ? Antwoord: Ek kry elke jaar die tyd navrae vanaf produsente oor ooie wat te min melk het en ons sien dit meestal eers nadat die ooie gelam het. Om die probleem reg te stel is soms te laat, maar ook moeiliker en duurder as om die probleem te voorkom. Voldoende biesmelk van goeie kwaliteit vir die lammers binne die eerste 4 uur na ‘n ooi gelam het, beperk ook vrektes veral in die winter. Ons weet dat bokooie wat vanaf Juniemaand lam, baie meer… Read More
Posted by Drikus Delport on 10 Jul 2017
Wat maak Enermol uniek en anders as ander energiebronne-? Enermol is ‘n hoë gehalte energieproduk van Feedmaster en is saamgestel uit -± 70% koringsemels, ± 25% molassestroop en ʼn klein persentasie voerkalk. Koringsemels in die produk verskaf die nodige koolhidrate aan die herkouer, maar dit is heelwat veiliger as grane wat hoog is in stysel (bv. mieliemeel). Herkouers wat te veel grane vreet is geneig om lank by die voerkrip te lê omdat grasvertering nie optimaal is nie. Enermol stimuleer die ontwikkeling van die veselverterende mikrobe populasie wat nodig is om gras te verteer wat die hoof… Read More
Posted by Dawid Krause on 30 Aug 2016
Ek het in 1969 die eerste keer werklik bewus geword van lekaanvulling. My oom-hulle het op die plaas een sak sout en 1 liter Karol een keer ʼn maand aan die diere voorsien en een Rumevite-blok vir 400 diere. Die Karol was kwansuis vir die parasiete en die Rumevite-blok dat die diere meer droë gras moet vreet. Hoeveel van ons het met soortgelyke sienings van lekaanvulling grootgeword en pas dit nog steeds toe? Vroeër jare was die kosteknyptang ook daar, maar nie die helfte van wat dit vandag is nie. Ons markte was toegankliker met minder reëls en regulasies. Intussen het beheerliggame en… Read More
Posted by Dala du Plessis on 1 Oct 2015
WAAROM IS FUTTERFOS BETER AS DIE RES? Fosfaat is ‘n makro element waarvan hoeveelhede in gram per dag benodig word deur feitlik alle diere. Hierdie mineraal is betrokke by ‘n wye verskeidenheid metaboliese, neurologiese en sellulêre funksies. Dit speel veral n belangrike rol in die energie-metabolisme en bloed buffer sisteme. Die onderstaande illustrasie toon hoe die metabolisme van proteien, stysel en vet by mekaar aansluit en opeindig in die elektron transport ketting waar die fosfor molekule onvervangbaar is: Dit is ‘n komponent van die genetiese materiaal (RNA en DNA). Dit speel ook ‘n… Read More
Tags: