Loading...

Blog - "Danie de Lange"

Posted by Danie de Lange on 15 May 2017
Diere wat vanaf ‘n oorwegende ruvoer dieet soos veldweiding oorgaan na ‘n volvoer, moet geleidelik op die nuwe voer aangepas word. Die rumenbakterieë moet eers kans kry om by die nuwe voer aan te pas, want ‘n volvoer het altyd ‘n hoër proteïen- en energiewaarde as veldweiding. Diere wat met ‘n volvoer uitgegroei of voorberei word vir skoue of veilings loop die gevaar om suurpens of asidose te ontwikkel tydens die voerproses. Selfs diere wat goed aangepas en al ‘n geruime tyd op dieselfde volvoer was, kan suurpens ontwikkel sodra daar afgewyk word van die daaglikse voeraptroon. Voer elke dag… Read More
Posted by Danie de Lange on 1 Aug 2016
‘n Plaasnaambord wat jou dwing om stil te hou en goed te kyk. Oor dié spotprent skerts Pieter von Wielligh dis hoe die manne in die ou dae geboer het. Ooploop Boerdery het sy oorsprong in die feit dat dit lekker is vir Pieter om te boer. “As iets lekker is, sê ons mos dit loop oop. Dit klink ook soos ‘n besigheid wat loop en nie stilstaan of kwyn nie.” Nooitgedacht Nr 112 was die oorspronklike titelakte van die plaas op ou kaarte. Pieter het besluit om dié naam op die bord aan te bring omdat hy “nooit gedink” het hy sou die grond koop nie. “Ek het maar net op die veiling rondgestaan vir… Read More
Posted by Danie de Lange on 1 Apr 2015
VOORWOORD “As ek weer terugkom aarde toe wil ek ’n Dorper op Bloemhof wees.” Raker kon Danie de Lange, Feedmaster se tegniese adviseur in die suide, nie -se omgee en liefde vir haar Dorpers opsom nie. Danie, wat al ’n lang pad met Stella stap, en Marietjie van Staden van-Agriforum-het einde Maart ’n dag op Stella se plaas op die Kalkplato deurgebring. Sy boer die afgelope 22 jaar alleen en skryf haar sukses toe aan die feit dat sy haar met kundiges omring van wie Danie een is. Op 76 jaar sien sy so wrintiewaar ook nog kans om met haar kwaliteit Dorpers stoetteling op klein skaal aan te pak… Read More