Loading...

Wenke vir die bestuur van Fosfaataanvulling in die reënseisoen

feed
Posted by on 10 February 2021 and filed under

Fosfaat- en proteïenlekaanvulling is deel van suksesvolle rooivleisproduksie in Namibië. Fosfaataanvulling in die vorm van Futterfos P6 is baie goedkoop en diere kry dit meestal net gedurende 4 maande op groen weiding. Die produsent moet dus alles in sy vermoë doen om sy diere maksimum toegang tot fosfaat te gee. Verwyder ook klipsout by beide skaap- en beestroppe om optimale fosfaatinnames te verseker.Feedmaster se proteïenlekreeks bevat derhalwe ook deurgaans hoër vlakke fosfaat om die weiding se lae vlakke en diere se fosfaatbehoeftes aan te vul.

  1. Hoeveel Futterfos P6 moet in die lekbakke gegooi word?

    Die produk is ‘n fosfaat-mineraalaanvulling met ‘n hoë soutinhoud, dus is die produk se innames relatief laag. Kamp- en tropgroottes, tipe lekbakke en hoe gereeld poste/waters kontroleer word is bepalend, dus die volgende riglyne:

    Grootvee:
    Teen 150 – 200g/Koei/dag behoort 50 koeie slegs 70kg P6 in sewe 7 dae te vreet. Besluit of die volle hoeveelheid eenmalig uitgesit word en of dit in twee porsies vir die week opgedeel word bv Maandag en Vrydag.

    Kleinvee:
    Teen 15 -20g/Ooi/dag behoort 250 ooie slegs 35kg P6 in 7 dae te vreet. Verdeel die lek tussen ten minste 2- 4 lekbakke as gevolg van die tropgrootte.

  2. Hoe gereeld moet die lekbakke aangevul word?

    Omrede dit hoofsaaklik ‘n fosfaat-mineraal aanvulling is, kan diere paar dae sonder fosfaatlek wees indien dit gereeld reën. Die feit is egter dat diere verkieslik daagliks toegang moet hê tot P6, veral koeie met kalwers en lammerooie.

  3. Wat moet ek doen indien die produk in die lekbakke natgereën het?

    Fosfaatprodukte bevat geen ureum nie, dus is daar geen gevaar van vergiftiging nie. Na gelang van hoe nat die produk is, kan dit in die bak deurgemeng word of uitgegooi word om droog te word en met vars produk gemeng word. Indien die produk baie nat is en in bakke gelos word, sal dit kliphard raak en innames uiters laag wees dus is dit belangrik om dit gereeld los te maak en deur te meng.

  4. Wat maak ek in kampe met oop water?

    Maak seker dat dat daar ‘n lekbak by die pos sowel as by die water in die veld is. Diere kom gewoonlik by panne bymekaar en kan lekbakke hier uitgesit word om fosfaat inname te verseker.

  5. Wat is die oplossings vir meeste van bogenoemde probleme in die reënseisoen?

    Toeklapbakke vir bees maak dit moontlik om groter hoeveelhede Futterfos P6 per trop uit te gooi en dieselfde lekbak word vir proteïenlekke ook gebruik. Die bakke skakel baie vermorsing, windverliese en probleme met duiwe en tarentale uit. Toeklapbakke is egter ‘n “nice to have”, maar nie ‘n voorskrif nie.

Vir enige verdere navrae skakel 061 290 1300
www.feedmaster.com.na

  • Print this article
  • Email this article
  • Share this article